Wat Met Willim Welsyn Podcast

Episode 76. - Sjaka S. Septembir

Informações:

Sinopsis

Sjaka S. Septembir hoef nog nooit vir hómself te gebid het nie want daar was altyd genoeg mense wat dit vír hom gedoen het.  Die invloed van bloed, pis, punk, woede, Dadaïsme, nihilisme en humor loop sterk deur Sjaka se loopbaan as underground skrywer, digter, regisseur, akteur, spoeg-en-plak zine editor en performance artist. Hy neem Willim op ’n journey deur tabakpakhuise, die vlootbasis, ’n Kaapse orgie, ’n Porselynnkas, kerkdeure in die Paarl en protesaksies teen digbundels by teaters in Stellenbosch.  Maar wat beteken dit alles?