Wat Met Willim Welsyn Podcast

Episode 30. - Beer Adriaanse (Ivm Buurtwag)

Informações:

Sinopsis

Beer Adriaanse kom kuier vir ’n tweede keer in die garage sedert episode 10 dat hy in diepte oor sy suksesvolle KykNET show Buurtwag kan gesels. Hy vertel hoe die show as ’n kortfilm begin het in 2012 by die Silverskermfees en wat alles agter die skerms en in sy persoonlike lewe moes gebeur voor ons die show op TV kon sien. Hulle riff ook oor wat dit beteken om Afrikaans te wees en oor hoe om kritiek te hanteer – want nie almal in die land like Buurtwag soos hard soos Willim en sy vrou nie. Onthou ook asb: Willim en vhmusic.co.za launch die 28ste Nov. ’n nuwe online music shop, Willim se Engelse plaat Shunt op vinyl en die documentary ‘Zeegunst: By Invite Only’ op DVD. Dit alles gebeur by Ellington’s in Bellville met een moerse party. Click hier om die event te join. Hierdie episode is geborg deur www.decibels.co.za se band rehearsal studios in Pretoria. WAT luisteraars kry afslag.