Wat Met Willim Welsyn Podcast

Episode 18. - Schalk Bezuidenhout

Informações:

Sinopsis

Schalk Bezuidenhout is ’n aspirant akteur maar meer as dit is hy ’n standup comedian wat nou baie vinnig begin naam maak het in die land.  Sy gesig is op Comedy Central billboards, hy’t onlangs ’n Savana Comics’ Choice Award gewen, hy feature op Aromat adverts, hy doen Youtube skits, hy emcee musical festivals en dan open hy sommer ook vir Trevor Noah op sy nasionale toere voor duisende mense. En hy is nou eers 23 jaar oud. Hy kom plak in die garage laat een aand saam met Willim en ’n bottel goedkoop vonkelwyn en hulle gesels oor comedy vs. acting, kampuslewe op UCT, sy connection met Trevor Noah, Afrikaans vs. Engelse comedy, Gemengde Vrugte, corporate gigs en hecklers. Hulle riff ook oor #RhodesMustFall, Engelse kinders en sy dae op Hoërskool waar alles begin het.  Hierdie episode is met trots geborg deur Zone Fitness, waar somerlywe in die winter gevorm word. As lid van Zone Fitness kan jy ’n hele maand gratis oefen as jy jou vriend kan kry om ook by Zonefitness aan te sluit. Dit is baie maklik –