Wat Met Willim Welsyn Podcast

Episode 17. - Henry Jack Cloete

Informações:

Sinopsis

Henry Jack Cloete is ’n veelsydige joernalis, skrywer, interviewer, sanger en kitaarspeler vir die post-apokaliptiese Afrikaanse Folk-Grunge band Die Skynmaagde. Henry en Willim is in dieselfde jaar gebore en hulle paaie het al ’n hele paar keer gekruis binne die mediakringe en musieklandskap van Suid-Afrika. Hy kom plak in die garage en Willim interrogate hom oor al sy eindelose jobs as ’n joernalis en hulle bespreek die skryfproses van sy se debuut roman - ’n Draalnoot vir ’n Janfiskaal - wat onlangs die lig gesien het. Verder gesels hulle oor Litnet-interviews en Henry se band Die Skynmaagde. Hierdie episode is met trots geborg deur Zone Fitness, waar somerlywe in die winter gevorm word. As lid van Zone Fitness kan jy ’n hele maand gratis oefen as jy jou vriend kan kry om ook by Zonefitness aan te sluit. Dit is baie maklik – al wat jy moet doen is om jou vriend se kontakbesonderhede na zone@lumico.co.za te stuur en hulle sal jou terug kontak of besoek www.zonefitness.co.zavir meer besonderhede.