Wat Met Willim Welsyn Podcast

Episode 16. - Martelize Brink

Informações:

Sinopsis

Martelize Brink is die mens agter daardie bekende stem wat jy elke weeksoggend tussen 9:00 en 11:30 op RSG saam met Johan Rademan hoor. Sy kom kuier in die garage en vertel vir Willim van haar skooldae in die Paarl, hoe sy randomly by Maties FM op Stellenbosch haar tande as radio-omroeper begin slyp het en hoe sy op die ou end by RSG begin werk het. Hulle gesels ook oor haar bedrywige buitemuursaktiwiteite, charity en mc-gigs, wat daar by RSG agter die skerms aan gaan en hoe daar niks sexy is omtrent ’n rolstoel nie… miskien die parkering. En nee… hierdie onderhoud het nie gebeur agv Vrouemaand nie, dis net toevallig Augustus toe Martelize kom kuier het. Hierdie episode is met trots geborg deur Zone Fitness, waar somerlywe in die winter gevorm word. As lid van Zone Fitness kan jy ’n hele maand gratis oefen as jy jou vriend kan kry om ook by Zonefitness aan te sluit.  Dit is baie maklik – al wat jy moet doen is om jou vriend se kontakbesonderhede na zone@lumico.co.za te stuur en hulle sal jou terug