Wat Met Willim Welsyn Podcast

Episode 8. - Dirk Ace (Deel 1 van 2)

Informações:

Sinopsis

Dirk Ace kom kuier in die garage en ons kom nogal naby om ’n hele chunk van sy lifestory te cover. Beter bekend as “Dagga Dirk Uys” – die brein agter die Voëlvry Toer - is die res van sy CV nogal impressive. Hy’t Die Eerste Alternatiewe Afrikaanse Rock Konsert gereël in 1988, die Voëlvry Toer in 1989, Die Mystic Boer- en Droomrivier toer met Valiant Swart in 1992 en 1993, Die Heel Eerste Oppikoppi Band Weekend, die Danzer toer met Anton Goosen en die Elke Boemelaar se Droom toer met Koos Kombuis in 1994. Hierdie is maar net enkele toere in die late 80s en early 90s - nie eers te praat van al die produksies en feeste wat later op sy kerfstok verskyn nie. Die lys gaan aan en aan en aan en so ook die geskiedenis. Dirk het baie om te vertel. Ons begin by sy skooldae op Carolina, sy verhouding met sy pa, sy eerste paar jobs en sy dae in army. Daarna vat hy ons Bloemfontein toe waar hy as kampusradio DJ Die Eerste Alternatiewe Afrikaanse Rock Konsert begin reël – ’n voorbrand vir die kultuurbeweging wat eventueel d