Kontrei Klets

Informações:

Sinopsis

Ontdek die wêreld, sy mense, spys en drank en nog baie meer in hierdie lekker ligte potgooi in Afrikaans. Agter die mikrofoon is Kaapse skrywers en reisigers Maryke en Clifford Roberts. Volg ons op Twitter by @kontreiklets, @MarykeRoberts en @CliffordRobots. Stuur gerus 'n boodskap en dalk word dit in die volgende uitsending van Kontrei Kleits gebruik!

Episodios

  • Van die Kruger tot Chrissiesmeer

    06/10/2019 Duración: 34min

    Ons onlangse besoek het Bela-Bela, Dullstroom, die Kruger Nasionale Park, Chrissiesmeer,  en 'n paar dae in Johannesburg behels. Hierdie 34min episode gee wenke as jy die noorde wil gaan verken. Glo my, jy sal jou lippe aflek vir die raar kleindorp gin-ervaring; jou oë sal rek vir die indrukwekkende whiskey-versameling; en, laat 'n San Pellegrino jong-sjef kandidaat jou wegvoer met sy geur kombinasies en kos-kuns. 

  • 'n Kykie na Indiese spys en drank

    23/06/2019 Duración: 31min

    Ons besoek aan die Paul John distillieerdery was maar net die begin van 'n wonderlike toer na Indië. In hierdie potgooi fokus ons op die geure van hierdie fasinerende land. Dit sluit onderhoude met meesterdistilleerder Michael D'Souza in asook sjefs by die Caravela Beach Resort; 'n gids by die Tropical Spice Plantation; en nog 'n gids op die Uptown Kolkata Food Tour, wat deur A Chef's Tour aangebied word. Daar is ook wenke wat jou kan help met beplanning van jou eie besoek aan Indië. Stuur gerus 'n stemboodskap en dalk sluit ons dit volgende keer in!

  • 'n Glas hier, 'n geleentheid daar

    04/06/2019 Duración: 38min

    Dit woel in die wynlande. Van wyn-safari's tot 100-jaar vieringe; nuwe wyne, ou wyne en feeste waar jy kan saamkuier. Ons reis van Robertson tot Stellenbosch; van McGregor tot Ashton. Van die mense by wie ons kuier, sluit onder meer Alto, Boplaas, Middelvlei, Kranskop, Restaurant Succulent, Sauvignon Blanc SA, Hazendal en die Robertson Wine Safari in. Kyk uit vir feeste soos Wacky Wine Weekend en die Wade Bales Wine and Malt Whisky Affair.

  • Op die oop see

    03/04/2019 Duración: 52min

    Ons verlaat die hawe vir 'n twee-dagse bootvaart van Kaapstad na Port Elizabeth met Ponant se luukse jag, Le Lyrial. Kom vaar saam en kry wenke vir jou eie vakansie op die oop see.

  • Wydsbeen oor die N7

    28/03/2019 Duración: 42min

    Ons kuier op die Piekenierskloofpas, in Citrusdal en in die Cederberg , waar ons oor wyn en kos gesels, asook lekker verblyf en 'n uitblinker-eetplek. Ons ontmoet 'n hele paar mense insluitend Jaco en Cerena van Niekerk by Piekenierskloof Wyne; Steve en Caro Oldroyd by Hebron; Salome Benade by The Lovely Grapevine; en, Dawid Nieuwoudt van Cederberg Wyne.

  • Raak verlief op Lisabon

    17/03/2019 Duración: 34min

    Ons verken die Portugese hoofstad in hierdie aflewering. Dit sluit in 'n onderhoud met 'n gewilde plaaslike toergids. Luister veral as jy beplan om te gaan en kry wenke vir jou besoek aan Lisabon. Ons hoor graag wat jy dink; stuur gerus boodskappe as jy deur die Anchor.fm-platform luister.

  • 'n Wegbreek na Porto

    21/02/2019 Duración: 31min

    Luister hierna as jy beplan om jou volgende vakansie in Portugal te hou. Daar's 'n paar nuttige wenke oor vervoer en Port. Hierdie eerste deel fokus op Porto. Gebruik die Anchor.fm-toep om vir ons 'n boodskap te stuur en laat weet wat was jou ervaring. 

  • Pollie in Paarl én Franschhoek

    25/01/2019 Duración: 43min

    Ons vertel van ons onlangse kuier in Paarl en Franschhoek, 'n besoek aan KWV,  ons rit op 'n wyntrem en nog meer. Daar is ook onderhoude met 'n bekende sjef oor sy nuwe restaurant. Volg ons op Twitter @Kontreiklets.

  • Krismis is hier!

    20/12/2018 Duración: 28min

    In hierdie episode gesels ons oor die komende Woordfees; met David Kramer oor sy Langarm-musiekblyspel; oor Martell Cognac se nuutste produk in Suid-Afrika; oor nuwe wyne; en oor die seisoen se top-vermaak in die Kaap. Volg ons op Twitter by @kontreiklets en luister op enige van jou gunsteling internet-radio platforms.

  • Wyd en syd; hoog en laag

    14/11/2018 Duración: 30min

    'n Middag by die Strandloper; kuier by John Relihan; pinotage en Bok van Blerk; nuwe resepte-boeke en nog meer in hierdie episode van Kontrei Klets. Volg ons op Twitter by @Kontreiklets.

  • Van huis tot huis-restaurant

    24/10/2018 Duración: 42min

    Hoe lekker om in 'n sjef se eetkamer onthaal te word met van ons land se voorste wyne. Jip! Huis-restaurante is 'n ding. Ons klets met kostowenaars Santi Louzán, Esti Forbes, Luke Wonnacott en Bella Niehaus. Ook met wynmakers Marius Malan en Jacques Cilliers.

  • Sommer op ons drumpel

    16/10/2018 Duración: 26min

    Ons kuier by Agter-Paarl en Voor-Perdeberg en geniet die gasvryheid van 'n wonderlike streek. Onthou om ons op Twitter te volg by @kontreiklets en as jy die Anchor-toep afgelaai het, klik op die boodskap-skakel en stuur direk vir ons jou gedagtes en dalk gebruik ons dit in opkomende uitsending! Luister Kontrei Klets op Spotify, Google Podcasts en 'n hele klomp ander platforms.

  • Wyn en vermaak

    10/10/2018 Duración: 36min

    Groot mylpale saam met #FryersCove, #KWV en #TheatreOnTheBay word in hierdie episode gevier. Ons delf 'n bietjie in die nostalgie van ouma se kookkuns saam met sjef #TiaanLangenegger en #KykNET. Volg ons op Twitter @Kontreiklets en gebruik die skakel op Anchor om vir ons ook boodskappe te stuur.

  • 'n Bietjie van dit en 'n bietjie van dat

    18/09/2018 Duración: 25min

    Ons gesels 'n bietjie oor die Cape Wine-skou, met opnames van Ken Forrester, Duimpie Bayly en Beyers Truter; vertel meer oor Swerfgoed, 'n nuwe teaterstuk by die Baxter-teater; en bespreek verskeie nuwe boeke. Volg @KontreiKlets op Twitter. Stuur gerus 'n boodskap deur die Anchor-toep en dalk gebruik ons dit in die volgende episode.

  • Vallei van mis en sneeu

    11/09/2018 Duración: 26min

    Hierdie week kuier ons in die Breederivier-vallei. Ons besoek vir Bosjes, gesels met die bestuurder van 'n bekende padstal, hoor by Bergsig wat hul wyn uniek maak en nog meer. Luister na Kontrei Klets op Spotify, Google Podcasts, Apple Podcasts en nog meer. Volg ons op Twitter @Kontreiklets.

  • Gepraat van wyn

    03/09/2018 Duración: 20min

    Ons reis in hierdie episode van wynglas na kookboek na bekende sjefs se smulborde. Ons verklap wie die land se beste Kaapse versnit-wyne én Chenin blancs maak; watter nuwe kookboeke jy op jou wenslysie kan skryf; wyn-geleenthede waar jy ook lekkerbekkig kan meemaak; en, watter landgoed hul eerste wyne en seisoenale spyskaart bekendstel. Volg @KontreiKlets op Twitter en stuur gerus vir ons 'n boodskap.

  • Die nostalgie van klank

    28/08/2018 Duración: 24min

    Musiek word dikwels gekoppel aan die onthou van 'n lekker reis. In hierdie episode deel Clifford en Maryke Roberts - die kletsers van @KontreiKlets - hul herinneringe van musiek op die langpad. Volg Kontrei Klets op Twitter. Stuur gerus boodskappe wat dalk volgende keer ingesluit mag word!

  • Vêr verlate vlaktes

    20/08/2018 Duración: 09s

    Namibië: herleef ons eerste ontdekking van hierdie wonderlike land in 'n gehuurde 4x4. As jy iets soortgelyks beplan, kan jy dalk baatvind by 'n paar wenke wat ons hier deel. Word deel van die gesprek op Twitter @Kontreiklets of stuur vir ons 'n boodskap, en wie weet, luister volgende week of dit ingesluit is!

  • Langpad na Noord-Kaap

    13/08/2018

    Hierdie nuwe episode deur @Kontreiklets se Clifford en Maryke Roberts beskryf 'n reis na die Noord-Kaap en verklap presies waar jy die mooiste Namakwaland-blommeskouspel kan sien. Gaan proe wyn-roomys en neem 'n selfie voor 'n donkie-standbeeld op Upington. Neem so deel aan die reek: gesels saam op Twitter of stuur vir ons 'n boodskap dat ons dit op die potgooi kan deel!

  • Silwerskerm en suikerriet

    07/08/2018 Duración: 01min

    Ons gesels oor die Silwerskerm filmfees later vanjaar en hoe om 'n lekker vakansie in KwaZulu-Natal te hê.