Radio Scriptura

  • Autor: Vários
  • Narrador: Vários
  • Editor: Podcast
  • Duración: 223:03:19
  • Mas informaciones

Informações:

Sinopsis

Radio Scriptura is 'n Gereformeerde potgooi. Sola Scriptura is 'n beginsel wat ons wil toepas op die vreugdes en uitdagings van elke dag. Op hierdie potgooi kyk ons met die "bril" van 2 Timotheus 3:16 na verskeie temas en onderwerpe, want die hele Skrif is deur God geasem!. Deur die Here se Woord rus Hy ons ook toe vir elke goeie werk! Radio Scriptura: die heel eerste Gereformeerde potgooi in Afrikaans!

Episodios

  • Hoekom is ek gereformeerd? Want gereformeerde teologie is verbondsteologie

    17/11/2020 Duración: 01h01min

    Verbondsteologie is Gereformeerde teologie wat 'n aleinding is vanaf die Skrif waaruit ons kan aflei hoe God met die mens tewerk gaan en hoe Hy dan ook sy verlossingsplan uitvoer in Sy ewige raad.

  • Hoekom is ek gereformeerd? Want gereformeerde teologie is 'n "Christus-alleen" teologi

    09/11/2020 Duración: 42min

    In Gereformeerde teologie val die fokus op Jesus Christus - deur Hom is daar vir ons lewe en redding!

  • Kerkmusiek en Himnologie 2

    02/11/2020 Duración: 55min

    Ons gesels verder met die kenner, Braam van Tonder. Ons gesels in die episode spesifiek oor die beoordeling van liedere om in die kerk te sing. 

  • Perspektief: Oktober 2020

    27/10/2020 Duración: 01h08min

    Trump vs Biden. Senekal. Direkte Bybelvertaling.

  • Hoekom is ek gereformeerd? Want gereformeerde teologie is Skrifgefundeerd

    20/10/2020 Duración: 54min

    Is jou teologie Skrifgefundeerd? Wat beteken dit om Skrifgefundeerd te wees? Ons is by die 3de episode van ons nuwe reeks: Hoekom is ek Gereformeerd? Want gereformeerde teologie is Skrifgefundeerd

  • Hoekom is gereformeerd? Want gereformeerde teologie is Godgesentreerd

    13/10/2020 Duración: 40min

    Wat is jou doel op aarde? Wat is die Here se plek in jou daaglikse lewe? Ons is gereformeerd omdat ons Godgesentreerd wil lewe! Ons hoogste doel is om God te eer en Hom te verheerlik - Soli deo Gloria! Ons gesels in hierdie episode ook oor hoe Godgesenteerdheid prakties lyk: In 'n mens se eie lewe en ook in 'n gemeente.

  • Hoekom is ek gereformeerd? Almal is 'n teoloog

    06/10/2020 Duración: 44min

    Is teologie net bedoel vir predikante? Of dalk ouderlinge? In hierdie episode gesels ons oor die gedagte dat elke persoon eintlik 'n teoloog is - selfs al besef jy dit nie eers nie, of al ontken jy dit.

  • Perspektief: September 2020

    29/09/2020 Duración: 50min

    Onlangse nuusgebeure:  Clicks Cuties KwaSizabantu

  • Luisteraarsvraag: Waar is God as die boosheid skynbaar seëvier?

    22/09/2020 Duración: 47min

    Waar is God wanneer daar soveel boosheid in die wêreld is? Is dit buite sy beheer? 

  • Perspektief: Augustus 2020

    24/08/2020 Duración: 39min

    Watter Bybelse riglyne bestaan daar omtrent vuurwapenbesit onder Christene ter wille van selfverdediging?

  • Verlossing deur genade alleen: Volharding van die Heliges

    18/08/2020 Duración: 47min

    "En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie."

  • Verlossing deur genade alleen: Onweerstaanbare genade

    11/08/2020 Duración: 59min

    Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag. Joh 6:44  

  • Verlossing deur genade alleen: Beperkte versoening

    04/08/2020 Duración: 44min

    Die versoening wat Christus bewerk het is slegs bestem vir die uitverkorenes.

  • Perspektief: Julie 2020

    28/07/2020 Duración: 51min

    Meningstuk in die Beeld: 'n Dopper kan ook gay wees Christene in Sjina wat hul geloof moet opsê BLM-Beweging in Suid Afrika

  • Verlossing deur genade alleen: Onvoorwaardelike verkiesing

    21/07/2020 Duración: 53min

    In die episode behandel ons die tweede aspek van die TULIP-akroniem. U  - Unconditional election of Onvoorwaardelike verkiesing.

  • Verlossing deur genade alleen: Algehele verdorwenheid

    14/07/2020 Duración: 35min

    Hierdie is die eerste episode in ons reeks oor God se genade en ons redding aan die hand van die "TULIP-akroniem". In die episode bespreek ons die eerste beginsel T: "Total depravity" of "Algehele verdorwenheid"

  • Kerkmusiek en Himnologie

    07/07/2020 Duración: 01h15min

    Ons gesels in die episode met Braam van Tonder oor die belangrikheid van himnologie en die ontwikkeling van kerkmusiek.

  • Perspektief: Junie 2020

    30/06/2020 Duración: 40min

    Ons fokus in hierdie episode op die "Black Lives Matter" beweging en die gedagte van "wokeness"

  • Luisteraarsvraag: NASA en Lewe op Mars

    23/06/2020 Duración: 43min

    Wat is die vernaamste rede waarom NASA mense na Mars wil stuur? (05:45) Is hulle motief dalk om te bewys dat die Evolusie-leer waar is? (31:33) Stel mense wat aansoek doen om deel te neem hieraan hulle lewens in gevaar? Moet Mars "bewoon en bewerk" word? (14:00) Is die geskiedenis van die mense se onkunde en eie idees nie besig om homself te herhaal nie (Soos met die toring van Babel)? (25:10)

  • Eskatologie: Merk van die dier

    16/06/2020 Duración: 49min

    "En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe 'n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word; sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het." Openbaring 13:16-17

página 12 de 19