Sinopsis
Radio Scriptura is 'n Gereformeerde potgooi. Sola Scriptura is 'n beginsel wat ons wil toepas op die vreugdes en uitdagings van elke dag. Op hierdie potgooi kyk ons met die "bril" van 2 Timotheus 3:16 na verskeie temas en onderwerpe, want die hele Skrif is deur God geasem!. Deur die Here se Woord rus Hy ons ook toe vir elke goeie werk! Radio Scriptura: die heel eerste Gereformeerde potgooi in Afrikaans!
Episodios
-
Isolasie en geheimhouding na trauma
02/02/2018 Duración: 46minOns gesels o.a. met 'n maatskaplike werkster oor 'n luisteraar se vraag oor isolasie en geheimhouding, na 'n traumatiese gebeurtenis - is isolasie goed? Hoekom hou ons geheime na trauma?
-
Hoe loop mens die pad van heiligmaking?
26/01/2018 Duración: 12minProf. Henk Stoker beantwoord die luisteraarsvraag: "Ons weet almal van regverdigmaking deur Jesus Christus maar daarna...hoe loop 'n mens die pad van heiligmaking? Is alles net die Heilige se werk of het ek as mens 'n rol om te speel?" KONTAK: Webblad: http://scriptura.co.za E-pos: info@scriptura.co.za Whatsapp: https://goo.gl/ZqugMZ Facebook: @scripturaweb Twitter: @scriptura_tweet LUISTER HIER: iTunes: https://goo.gl/WZabuC TuneIn: https://goo.gl/TtcJXE Stitcher: https://goo.gl/Ljo72p
-
Galasiërs 1. Vervalste nuus is slegte nuus
05/01/2018 Duración: 07minOns word in Galasiërs 1 indringend gewaarsku om nie deur watter rede ook al na 'n valse evangelie verlok te word nie. Enige ander boodskap - wat Christus NIE in die sentrum plaas nie, of wat Christus PLUS verkondig, is nie goeie nuus nie.
-
Kersfees?
22/12/2017 Duración: 31minLuisteraarsvraag: "Is Kersfees nie ook maar 'n heidense fees, soos Halloween nie?" KONTAK: Webblad: http://scriptura.co.za E-pos: info@scriptura.co.za Whatsapp: https://goo.gl/ZqugMZ Facebook: @scripturaweb Twitter: @scriptura_tweet LUISTER HIER: iTunes: https://goo.gl/WZabuC TuneIn: https://goo.gl/TtcJXE Stitcher: https://goo.gl/Ljo72p
-
Geloftedag?
14/12/2017 Duración: 29minLuisteraarsvraag: "Iets waarmee ek al jare lank worstel is die Bloedrivier gelofte...Ek voel aan dat die teologie agter die gelofte gebroke is...en as't ware 'n nasionale dwaling geword het"
-
Die getuienis van 'n ex-charismaat: Verlossing van myself
08/12/2017 Duración: 10minHierdie is deel 3 van 3 in die reeks "Die getuienis van 'n ex-charismaat". Wat is die groot verskil tussen die Charismatiese leer en die Gereformeerde leer, wat uiteindelik tot Jaco de Beer se bekering gelei het? In hierdie episode is daar ook 'n boodskap wat hy as ex-charismaat rig aan Charismatiese luisteraars
-
Die getuienis van 'n ex-charismaat: Visioene, Profesie & Tale
01/12/2017 Duración: 09minHierdie is deel 2 van 3 in die reeks "Die getuienis van 'n ex-charismaat". Is visioene, profesieë en die tipe belewenisse in die Charismatiese Kerk eg, of is dit alles mense se verbeelding? Hoe ervaar mense hierdie "bonatuurlike" belewenisse?
-
Die getuienis van 'n ex-charismaat: Soeke na God
24/11/2017 Duración: 18minHierdie is deel 1 van 3 in die reeks "Die getuienis van 'n ex-charismaat". Jaco de Beer vertel hoe hy in die Charismatiese Beweging beland het, wat hy daar beleef het (visioene, profesieë) en hoekom hy nie meer vandag in daardie kringe beweeg nie.
-
Mag ons met die Here onderhandel?
10/11/2017 Duración: 20minGelowiges is soms in moeilike situasies, wat maak dat ons dan soms met God wil onderhandel: "Here, as U...dan sal ek..." Maar wat sê die Bybel? Mag ons met die Here onderhandel?
-
Esra 3.Hoe kan ek dankbaar aanbid?
07/11/2017 Duración: 05minEsra 3 wys o.a dankbare aanbidding is nie noodwendig net die teenwoordigheid van emosie nie. Dankbare aanbidding van die Here is gehoorsaamheid, lofprysing en blydskap oor Sy goedheid vandag!
-
Soli Deo Gloria
31/10/2017 Duración: 19minDie vyf solae: SOLI DEO GLORIA Dit is die laaste episode in 'n kort Reformasie-reeks - alles gaan oor God se eer! In hierdie episode gesels ons oor wat dit beteken in ons lewens van elke dag
-
Solus Christus
30/10/2017 Duración: 05minDie vyf solae: SOLUS CHRISTUS. Jan-Louis Lee verduidelik wat "Christus alleen" in die Skrif beteken
-
Sola Scriptura
29/10/2017 Duración: 12minDie vyf solae: SOLA SCRIPTURA. Marnix Boersema verduidelik wat "die Skrif alleen" beteken
-
Sola Gratia
27/10/2017 Duración: 11minDie vyf solae: SOLA GRATIA. Gerhard van Rhyn verduidelik wat "genade alleen" in die Skrif beteken
-
Halloween?
20/10/2017 Duración: 24minHalloween - waar kom dit vandaan en mag ons as Christene dit vier?
-
Lukas 24. Die Here vat ons na sy Woord toe sodat ons Hom kan sien
13/10/2017 Duración: 05minSkrifoordenking uit Lukas 24 deur Gerhard van Rhyn - Die Here vat ons na sy Woord toe sodat ons Hom kan sien!
-
Gebed: wat, waarom, waaroor
06/10/2017 Duración: 30minWat is gebed? Hoekom moet ons bid? Waaroor moet ons bid?
-
Jeremia 19. God staan nie terug vir paaiboelies nie!
02/10/2017 Duración: 10minSatan gebruik boelie-taktieke om mense van God se waarheid af te skrik
-
Johannes 20. Glo is sien!
26/09/2017 Duración: 08minSien is glo? Nee - glo is sien! Skrifoordenking uit Johannes 20