Radio Scriptura

  • Autor: Vários
  • Narrador: Vários
  • Editor: Podcast
  • Duración: 201:37:23
  • Mas informaciones

Informações:

Sinopsis

Radio Scriptura is 'n Gereformeerde potgooi. Sola Scriptura is 'n beginsel wat ons wil toepas op die vreugdes en uitdagings van elke dag. Op hierdie potgooi kyk ons met die "bril" van 2 Timotheus 3:16 na verskeie temas en onderwerpe, want die hele Skrif is deur God geasem!. Deur die Here se Woord rus Hy ons ook toe vir elke goeie werk! Radio Scriptura: die heel eerste Gereformeerde potgooi in Afrikaans!

Episodios

  • Wat sê die Vers? Mattheus 7:1

    07/12/2021 Duración: 28min

    Wat sê die Vers?  Mattheus 7:1 00:00 Episode 5 00:42 Reeks: Wat sê die vers? Mat 7:1 04:00 Mattheus 7:1-6 05:00 Hoe gebruik mense die vers verkeerd? 10:00 Wat beteken hierdie oordeel? 12:00 Kritiese ondersoek 15:00 Standaard op almal van toepassing 17:10 Mag ons enigiemand oordeel? 19:00 Beoordeel en toets die vrugte 20:18 Praktyd - wat is die waarheid? 23:15 Hoe moet ons reg oordeel? 24:40 Wat is die motivering van die oordeel? 25:35 Ouderling, die Here stuur jou 26:16 Oogmerk is herstel Aanbieders: Marnix Boersema, Gerhard van Rhyn

  • Perspektief: November 2021

    30/11/2021 Duración: 42min

    Perspektief:  November 2021 Aanbieders:  Jonker Venter, Jan-Louis Lee en Jaco de Beer 00:00 November in perspektief 00:43 Tema 1 - Oud-president FW de Klerk se boodskap voor sy afsterwe 01:08 Tema 2 - Metaverse 01:40 Reaksie op De Klerk se boodskap 06:28 Harte is ontbloot... 09:49 Negende gebod 11:04 Daar is 'n groter prentjie... God regeer soewerein 12:00 Sosiale media impak 14:40 Objektiewe waarheid 17:55 Kansellasie kultuur 18:33 Wandel in wysheid - lig en sout 20:55 Artikel 36 - Nederlandse Geloofsbelydenis 22:33 Metaverse 26:30 Virtuele wêreld post-covid 29:19 Eindtye - stad van Babilon 30:50 Wetgewing uitdaging 32:00 Uitdaging vir die kerk 33:52 Virtuele "eredienste" bedreig onderlinge verbintenis 36:20 Isolasie impakteer geestesgesondheid 37:45 Gevare van gebrek aan verhoudings 39:55 Ouers moet grense bepaal vir jonger generasies Skrifverwysings: Kol 4, Matt 5:13-16, 2 Kor 3, Openbaring, 1 Kor 12

  • Wat sê die Vers? Fil 4:13

    23/11/2021 Duración: 30min

    Filippense 4 as hoofstuk het niks met ons fisiese vermoë te doen nie, maar wys eintlik na die nabyheid en teenwoordigheid van God in al ons omstandighede. God is die een wat ons in staat stel om Hom te verheerlik, en die krag lê nie in onsself om dinge te vermag omdat ons glo nie. 00:00 Wat sê die Vers episode 4 - Filippense 4:13 01:25 Filippense 4:10-18 05:30 Breë konteks van Filippense 10:00 Implikasie van vers 8 - rig julle gedagtes ... 11:13 Wat is die teendeel? 12:24 Klem op gebed 13:35 Waarna verwys 'krag' in vers 13? 15:55 Paulus het swaar gekry 16:26 Wie stel my in staat? 16:58 Vers 12 - onderrig in vergenoegdheid 19:07 God lig die las van ons skouers af 21:22 Hoe moet ons Fil 4:13 verstaan? 23:02 Heidelbergse kategismes Sondag 10: die voorsienigheid van God 25:03 Fil 4:7 ... in Christus Jesus 26:07 Heidelbergse kategismes Sondag 1: jou enigste troos in lewe en sterwe 28:45 Vers 14 - ons het mekaar nodig Teksverwysings Ps 23:4, 2 Kor 1:8, Ps 18:30, Heidelbergse kategismes Sondag 1 en 10

  • Wat sê die Vers? Jeremia 29:11

    16/11/2021 Duración: 32min

    Wat sê die Vers?  Jeremia 29:11 Wat het Jeremia 29:11 werklik vir Israel beteken in daardie tyd en in hulle konteks en situasie? Die verbondsvolk was ongehoorsaam aan God, en Hy het hulle weggevoer en in ballingskap geplaas in Babel. Die Here was besig om Israel te tugtig as gevolg van hul sonde, en dit het swaar gegaan met die volk. Jeremia het 'n brief geskryf om aan hulle die pragtige, kosbare belofte te gee dat indien hulle gehoorsaam sal word en God sal dien, hulle wel 'n hoopvolle toekoms sou beërf. Die teks kan nie op sy eie gelees word nie, en word vandag dikwels buite konteks misbruik vir eie gewin. Die ware boodskap lê in die konteks en raamwerk van die hele boek. Israel se toekomstige welvaart het nie betrekking op ons eie persoonlike rykdom of welvaart van vandag nie. Die teks mag nie misbruik word as 'n soort "voorspelling" dat God ons net altyd materialisties gaan seën nie, want God heers soewerein oor ons swaarkry ook. Dit voorspel nie vir ons elkeen aardse welvaart of voorspoed nie, maar verwy

  • Luisteraarsvraag: Is dit moontlik om te vergewe sonder om te versoen?

    08/11/2021 Duración: 38min

    00:00 Luisteraarsvraag:  Is dit moontlik om te vergewe sonder om te versoen? 00:40 Luisteraarsvraag: vergifnis en versoening 01:24 Is dit moontlik om iemand te vergewe, sonder om te versoen? 02:00 Wat is vergifnis? 03:03 Voorwaardelike en onvoorwaardelike vergifnis? 12:23 Onvergifnis en verbittering 15:57 Vergifnis is soms 'n proses 17:38 Versoening is nie gelyk aan vergifnis nie 19:16 Ware versoening kan net plaasvind in 'n verhouding met Christus 22:55 Vergifnis vereis nie ander party se verandering nie 26:26 Paulus en Barnabas skei ter wille van die evangelie 31:55 Beskou konteks van situasie 34:50 Neem op jou kruis en verloon jouself 36:40 Moenie 'n wrok koester nie Skrifverwysings: Mark 11:25, Luk 17:1-6, Matt 6:9-15, Matt 18:21-22, Spr 22:3, Hand 15:35-39, Ef 4, 1 Kor 6 Aanbieders: Jan-Louis Lee, Gerhard van Rhyn, Jaco de Beer

  • Perspektief: Oktober 2021

    02/11/2021 Duración: 45min

    Aanbieders: Marnix Boersema, Jonker Venter 00:00 Oktober in Perspektief 2021 04:00 Heinz-Winckler transgender debakel 22:42 Grondwet hofsaak: 26-week fetusse mediese afval of nie? 32:25 Steven Furtick - Jesus maak jou die beste "jy" Skrifverwysings: Psalm 119, Romeine 1, Mattheus 5, Esegiël 36:25,26 Verwante artikels en episodes: http://www.scriptura.co.za/2019/03/die-huwelik-6-geslagskwessies/ http://www.scriptura.co.za/2020/07/n-dopper-moet-sy-bybel-lees/ http://www.scriptura.co.za/2019/02/perspektief-januarie-2019/ http://www.scriptura.co.za/2019/06/perspektief-mei-2019/ http://www.scriptura.co.za/2021/04/perspektief-maart-2021/

  • Wat sê die Vers? Openbaring 3:20

    22/10/2021 Duración: 34min

    Openbaring 3:20 word dikwels verkeerdlik aangehaal, gepreek en verstaan. In hierdie teksvers roep Hy egter die kerk van Laodicéa op om te bekeer van hul louheid en sonde. 02:24  Algemene wanbegrip en misinterpretasie 06:09  Konteks van die boek 13:54  Brief is geskryf vir ‘n geredde verbondsgemeenskap 21:30  Begronding – vers 19 oproep tot bekering 23:55  Historiese agtergrond van bruilofsmaal tussen Christus en sy bruid 26:04  Heiligmaking is ‘n proses van daaglikse bekering waarby Christene aktief betrokke is 29:50  Slaggate oor besluitneming Aanbieders:   Jonker Venter, Marnix Boersema, Jaco de Beer, Jan-Louis Lee  

  • Wat sê die Vers 1 - Mattheus 18:20

    19/10/2021 Duración: 28min

    Scriptura se nuwe reeks handel oor skrifgedeeltes of Bybeltekste wat verkeerdelik of buite die ware konteks aangehaal en verstaan word. Die eerste episode fokus op die presiese betekenis en doel van Mattheus 18:20. 00:00  Wat sê die Vers 1:  Mattheus 18:20 00:39  Nuwe reeks 03:47  Mattheus 18:20 …want waar twee of drie in My naam byeen is, daar is Ek in hul midde." 04:20  Wat is die algemene begrip oor die vers? 11:00  Christene wat in die algemeen byeen kom, is nie dieselfde as erediens nie. 11:35  Wat is die konteks? 12:38  Konteks lê in vers 15-20  (2020 Vertaling) 13:42  Kerklike tug en kerkdissipline is die ware tema 16:42  Vers 15-17 gee agtergrond van kerklike tug 22:07  As 2 of 3, dit wil sê die ouderlinge, saamstem oor ‘n tugsaak en ‘n besluit neem, is dit bindend 24:33  Kwalifikasie – daaglikse lewe is nie erediens nie 25:19  Ps 121 Pelgrimslied – die Here is altyd by ons 26:34  Ons word opgeroep na die erediens in Ps 122:1  “Kom ons gaan na die huis van die Here….” Aanbieders:  Jaco de Beer, Gerh

  • Perspektief: September 2021

    28/09/2021 Duración: 43min

    In hierdie Perspektief episode gesels Gerhard van Rhyn en Jonker Venter oor 3 onderwerpe naamlik die stryd teen dwaalleer in kerk, en dolering (treur), die nuwe voorgenome haatspraak en haatspraakmisdaad wetgewing, en laastens die positiewe nuwe aborsiewetgewing in Texas, Amerika. 00:26 September 2021 in Perspektief 01:44 Stryd teen dwaalleer in kerk, en dolering 04:44 Gereformeerde kerk interpreteer die skrif grammaties-histories 06:16 Kern van boodskap is nie los van oorsprong van teks nie 08:10 Dolering - hartseer oproep tot bekering 09:00 Wesenlike stryd in die kerk - Wat is die Bybel? 14:35 Artikel 29 van Nederlandse Geloofsbelydenis oor dwaalleer 17:58 Nuwe voorgenome haatspraak en haatspraakmisdaad wetgewing 19:35 Hoe word bepaal of haat aangeblaas is en haatspraak plaasgevind het? 20:52 Staaf jou teen vervolging 23:00 Moenie jou naaste afbreek nie 28:35 Wetgewing is om die slegte te straf 31:49 Nuwe aborsiewetgewing in Texas Skrifverwysings: Artikel 29 van Nederlandse Geloofsbelydenis oor dwaalleer.

  • Pastoraal: Kinders en Trauma

    21/09/2021 Duración: 47min

    In hierdie episode gesels Scriptura oor kinders en trauma, en meer spesifiek oor hoe om dit te benader, te hanteer en kinders te ondersteun wanneer hulle trauma ervaar. 00:00 Scriptura inleiding 01:27 Kinders en trauma 13:54 Voorsorg. 21:00 God troos deur Christus. 27:19 Luister met geduld en verdraagsaamheid. 34:28 Ondersteun jou kind in trauma. 36:35 Bring jou kind na Christus toe. 39:37 Leemte in gereformeerde kinderberading. 40:36 Hanteer troos met die oog op die ewige. Skrifaanhalings: Huweliksformulier, Deut 6, Ef 5, Kol 3:21, 2 Tim 2-3, Jakobus 3, Hebreërs 11:36-40. Ander episodes oor trauma: http://www.scriptura.co.za/2018/02/isolasie-en-geheimhouding-na-trauma/ http://www.scriptura.co.za/2021/06/pastoraal-angs-en-vrees/ http://www.scriptura.co.za/2020/09/luisteraarsvraag-waar-is-god-as-die-boosheid-skynbaar-seevier/

  • Pastoraal: Sosiale Aanvaarding

    14/09/2021 Duración: 40min

    Ons wil graag aanvaar word in 'n sosiale groep, en deel wees van 'n groep mense, en as Christen is dit soms moeilik om te onderskei watter groepe belangrik is en hoe om ons behoefte aan aanvaarding te bestuur. 00:00 Pastoraal: Sosiale aanvaarding 02:10 Sosiale aanvaarding 04:04 Identiteit en menswaardigheid - die uitdagings. 10:53 Kollektiewe identiteit 14:11 Hoe bestuur ek my behoefte om in te pas? 16:11 Selfwaarde: Waar vind die Christen sy waarde? 22:48 Wat is jou identiteit? 24:48 Individuele waarde en groepswaarde 27:35 Die kerk 30:20 Wat bring ek in die groep in? 33:00 As die groep jou verwerp....hoort jy daar? 36:04 Soek jy die eer van mense bo die eer van God?

  • Luisteraarsvrae: God se Soewereiniteit

    07/09/2021 Duración: 51min

    00:00 Luisteraarsvrae:  God se Soewereiniteit 03:07 Opsomming04:21 Vraag 1:  Soewereiniteit:  Is God die oorsaak van sonde en boosheid, en wat is die gereformeerde Christen se verantwoordelikheid?35:28 Vraag 2:  Dood van ‘n geliefde:  hoe verstaan ons dood en moord? 48:28 Vraag 3:  Het God die mens voorbeskik tot die hel? Psalm 8 Skrifgedeeltes:  Efesiërs 1, 4, 5, 11, Psalm 135, Psalm 8, Jesaja, Romeine 1, Psalm 116:15, Handelinge 12, 1 Petrus 1, Jakobus 1, Handelinge 17, Filippense 1, 1 Korintiërs 15:54, Hebreërs 4. Ander bronne:  Artikel 14 van Nederlandse Geloofsbeleidenis Dordtse leerreëls:  hoofstuk 1Gereformeerde beleidenisskrifte Ander episodes:http://www.scriptura.co.za/2020/04/luisteraarsvraag-glo-ons-die-mens-het-n-vrye-wil/ http://www.scriptura.co.za/2020/01/wie-is-god-god-is-soewerein/ Aanbieders:  Jaco de Beer, Jan-Louis Lee, Gerhard van Rhyn

  • Perspektief: Augustus 2021

    31/08/2021 Duración: 58min

    00:00   Augustus 2021 in Perspektief00:22   Opsomming van die onderwerpe ter sprake: - Vervolging van Christene in Afghanistan na Taliban oorname. - Inenting Manipulasie: Game gee 10% afslag vir mense wat ingeënt is. - Christus word verheerlik op die Olimpiese Spele.03:11   Vervolging van Christene in Afghanistan na Taliban oorname.13:00   Hoe moet Christene en die kerk na die vervolging kyk? 22:09   Inenting Manipulasie: Game gee 10% afslag vir mense wat ingeënt is.34:37   Hoe gaan hierdie wêreldbeskouing Christene raak? - Wat gee ons weg in tye van ‘n krisis? - Word ons vryheid om te aanbid geraak? - Hang die wêreld se veiligheid van my inenting af?41:00   Christus word verheerlik op die Olimpiese Spele. - Die spele is misbruik om ook die seksrevolusie te bevorder.50:52   Alles gaan oor die eer van God. Skrifgedeeltes:  Openbaring 1:9, Kolossense ? 1 Korinthiërs 12, Johannes 11, Habakuk 2, Romeine 14, Romeine 8, Filippense 3

  • Pastoraal: Konflikhantering

    24/08/2021 Duración: 36min

    Aanbieders:  Gerhard van Rhyn en Jan-Louis Lee00:00   Pastoraal:  Konflikhantering01:21   Oorsig03:52   Wat sit dikwels agter konflik? (selfsug, woede, wraak, ens)04:38   Hoe toets ek my hart tydens konflik? 06:48   Bybelse riglyne15:58   Hoe hanteer ons konflik?19:20   Is alle konflik verkeerd? 24:00   Konflikvermyding kan liefdeloos wees.26:00   Persoonlikheidsverskille.33:24   Konflik kan ‘n geleentheid wees vir groei.34:51   Hou vas aan die waarheid en liefde.  Skrifgedeeltes:Galasiërs 2:13, Efesiërs 4:25-27, Mattheus 18, 2 Korintiërs 13, Handelinge 15:36-41, 1 Korintiërs 6

  • Pastoraal: Egskeiding

    16/08/2021 Duración: 34min

    00:00 Pastoraal: Egskeiding 01:06 Statistieke van egskeiding 05:46 Geldige oorsake vir egskeiding:  Egbreek, Ongeloof, Gesinsgeweld 11:30 Ander onbybelse redes vir egskeiding 16:57 Wat hou 'n huwelik in toom?   God-gesentreerde huweliksverhouding, voorhuwelikskategese, bybellees, bid, diensbaarheid, goeie vriendekring/omgewing, berading 24:35 Gevolge van egskeiding 25:00 Kerklike tug 30:03 Die effek van egskeiding op kinders 32:40 Kerklike ondersteuning Skrifgedeeltes:  Mark 10:2-12, Eks 20:13-14, 1 Kor 7, 1 Kor 11:1-16, Ef 5, Matt 5:21-26, Gen 9:6, Fil 4, Hooglied, Gal 6:10, Heb 13:4 Aanbieders:  Jan-Louis Lee, Gerhard van Rhyn

  • Pastoraal: Het ek die onvergeeflike sonde gepleeg?

    10/08/2021 Duración: 46min

    In hierdie episode gesels die Scriptura span oor die onvergeeflike sonde. Dikwels twyfel christene of hulle al skuldig was daaraan, en of hulle vergewe kan word daarvoor. Christene worstel en sukkel meestal met hierdie vraag oor sonde: Kan wedergeborenes die onvergeeflike sonde pleeg? En nog ander wonder weer of gelowiges hoop op vergifnis kan hê as hulle sonde gedoen het. Wat beteken dit om teen die Heilige Gees te laster, en wat is dan die sonde tot die dood? 00:00 Pastoraal: Onvergeeflike Sonde 02:45 Het ek dalk die onvergeeflike sonde gepleeg? 05:00 Kan christene in sonde val? 14:42 Watter hoop is daar dat God ons sal vergewe? 20:51 Gereformeerde leerstelling van die volharding van die heiliges/wedergeborenes. 22:11 Gereformeerde Laerskool Bellville advertensie. 23:00 Is daar 'n onderskeid tussen sonde en laster teen die Heilige Gees? 23:29 Wat is die sonde tot die dood? 26:22 Nominale christen. 28:16 Ware berou is onmoontlik sonder die Heilige Gees. Subjektiewe tekens/vrugte van wedergeboorte: - Bewusthe

  • Perspektief: Julie 2021

    03/08/2021 Duración: 52min

    In hierdie episode beskou Scriptura 'n paar aktuele sake en nuusgebeure van die afgelope maand vanuit 'n Bybelse perspektief. 00:00  Julie 2021 in Perspektief 01:30  Onluste en eredienste 09:55  Gereformeerde term, Sphere sovereignty, beginsel van soewereiniteit in eie gesagskring:  gesin, kerk, regering 11:30  Nederlandse Geloofsbeleidenis artikel 36:  die plek van die regering  16:20  Statisme - staat kry oppermag oor alles 18:43  Hoofpunte:  - Die antwoord oor eredienste kan nooit wees:  So sê die regering nie.  - Kan die kerkraad ‘n lidmaat bind deur te sê:   Jy kan nie vandag die 4de gebod gehoorsaam nie, en die erediens bywoon nie? - Virtuele dienste is nie eredienste nie - Die kerkraad moet realistiese evaluasies doen  24:40  Inentingspaspoorte en beperking van beweging van die wat nie ingeënt is nie -  Patroon van die narratief -  Ingeligte besluit teenoor ‘n aktivistiese besluit -  Onderskei tussen eredienste en inenting 40:40 Inent of nie: ‘n saak van skeiding tussen gelowiges? Skrifverwysings: 

  • Pastoraal: Geloofsekerheid

    27/07/2021 Duración: 42min

    Pastoraal:  Geloofsekerheid En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus! Hy wat julle roep, is getrou; Hy sal dit ook doen. (1 Thes 5:23-24)

  • Pastoraal: Chroniese Moegheid

    20/07/2021 Duración: 48min

    02:39  Wat is chroniese moegheid nie? 09:29  Onderliggende mediese toestand 11:45  Redes vir chroniese moegheid:  fisies, lewensstyl 23:38  Aanvaar uitdagings/omstandighede/toestand 24:04  Geestelike oorsake 26:28  Geestelike ondersoek 29:07-29:40 Gereformeerde Laerskool Bellville Advertensie 29:55  Sterk-man sindroom 32:25  Waak teen groef van moegheid - rus 33:23  Gesindheid oor chroniese moegheid 37:16  Onderliggende geestelike uitdagings 43:00  Wees getrou - werk en dien met blydskap en dankbaarheid 45:03  Jy is menslik:  liggaam en gees - bid tot God om hulp  

  • Junie 2021 in Perspektief: Gelowiges en 'n politieke bewussyn

    13/07/2021 Duración: 47min

    Podlitiek en Radio Scriptura gesels in hierdie episode saam oor die rol van die kerk in die samelewing, en kyk vanuit 'n bybelse perspektief na die vraag: Wat is die band en verhouding tussen geloof en politiek? Aanbieders, Daniël Eloff en Paul Maritz, is in gesprek met Jan-Louis Lee, Marnix Boersema en Jaco de Beer, en brei uit oor die kerk se politieke bewussyn, gelowiges se deelname en plek in die politiek. - Mag gelowiges 'n politieke bewussyn hê? - Moet gelowiges deelneem aan politiek? - Is daar 'n plek vir gelowiges in die politieke sake? 00:00 Podlitiek info 00:55 Scriptura info 04:04 Mag gelowiges 'n politieke bewussyn hê, en moet ons deelneem aan die politiek? 10:40 Wat is die plek van Christus in die kultuur? 14:30 Verhouding tussen kerk en staat 16:00 Moet die kerk 'n politieke bewussyn hê? 20:38 Die staat is 'n dienaar van God 22:55 Moet kerk en staat geskei wees? 30:03 Ons grootste probleem is sonde, en ons grootste nood is Christus 33:45 God het 3 omgewings ingestel: die gesin, die kerk en die r

página 8 de 17