Sinopsis
Radio Scriptura is 'n Gereformeerde potgooi. Sola Scriptura is 'n beginsel wat ons wil toepas op die vreugdes en uitdagings van elke dag. Op hierdie potgooi kyk ons met die "bril" van 2 Timotheus 3:16 na verskeie temas en onderwerpe, want die hele Skrif is deur God geasem!. Deur die Here se Woord rus Hy ons ook toe vir elke goeie werk! Radio Scriptura: die heel eerste Gereformeerde potgooi in Afrikaans!
Episodios
-
Perspektief: Januarie 2021 - Eredienste en huidige regulasies van die regering
29/01/2021 Duración: 01h23min1. Hoe gemaak met die regering se Covid-19 regulasies? 1.1. FOR SA se saak teen die regering oor eredienste. 2. Hoe dink die kerk Bybels oor die opskorting van eredienste? 2.2. Hoe hanteer kerkrade en christene verskille aangaande die opskorting van eredienste en die regering se regulasies?
-
Ouerskap: Ouerskap is Herderskap
26/01/2021 Duración: 42minHerderskap definieer die verhouding wat ouers met hul kinders behoort te hê. Die Here verwag van ons om ons kinders op te voed tot Sy eer. 5:33 Waarom is herderskap nodig? 15:08 Wat het ons kinders nodig? 17:36 Wat is herderskap NIE? 23:54 Herderskap is om eerlik, opreg en regverdig te wees. 31:11 Hoe lyk herderskap in die praktyk?
-
Ouerskap: Wat is vir God belangrik mbt ouerskap?
19/01/2021 Duración: 45minDie leer en lewe van ouers moet in pas wees met God se skeppingsplan en verbond met Sy volk. Die beeld van God as Vader van Sy kinders, en Sy woord as basis waaruit ons kinders opvoed, is die fondamentele riglyne vir Christen ouerskap. Die nuwe reeks oor ouerskap begin met 6 raakpunte: 02:11 Wat is bybelse ouerskap? Herderskap Dissipline Bybelse pa-wees Bybelse ma-wees Bybelse kind-wees 11:19 Waarin is ouerskap gesetel? God se skeppingsdoel God se verbond met Sy volk 20:00 Wat modelleer ouers se verhouding met Christus aan hul kinders? Verbondsgemeenskap Beeld van Vaderskap 29:16 Hoe leer ons ons kinders van God? Voed kinders op vir God en nie vir onsself nie 37:24 Gee die aflosstokkie aan. Modelleer God se wêreldbeeld 43:38 Die voorbeeld van Timoteus. 2 Timoteus 1:5 Ek dink ook aan jou opregte geloof, dieselfde geloof wat al in jou ouma Loïs en in jou ma Eunice was, en wat, daarvan is ek oortuig, ook in jou is. 2 Timoteus 1:13-14 Neem die woorde wat jy van my gehoor he
-
Perspektief: November 2020
01/12/2020 Duración: 39minRasverbeterings-leer of Eugenetiek (01:38) Selfmoord onder tieners (18:24) Boek van dr Ben du Toit - "God, Is daar 'n ander antwoord?" (30:25)
-
Hoekom is ek gereformeerd? Want gereformeerde teologie is 'n Geloof-alleen teologie
24/11/2020 Duración: 55min"Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe."
-
Hoekom is ek gereformeerd? Want gereformeerde teologie is verbondsteologie
17/11/2020 Duración: 01h01minVerbondsteologie is Gereformeerde teologie wat 'n aleinding is vanaf die Skrif waaruit ons kan aflei hoe God met die mens tewerk gaan en hoe Hy dan ook sy verlossingsplan uitvoer in Sy ewige raad.
-
Hoekom is ek gereformeerd: Want gereformeerde teologie is 'n "Christus-alleen" teologie
09/11/2020 Duración: 42minIn Gereformeerde teologie val die fokus op Jesus Christus - deur Hom is daar vir ons lewe en redding!
-
Kerkmusiek en Himnologie 2
02/11/2020 Duración: 55minOns gesels verder met die kenner, Braam van Tonder. Ons gesels in die episode spesifiek oor die beoordeling van liedere om in die kerk te sing.
-
Perspektief: Oktober 2020
27/10/2020 Duración: 01h08minTrump vs Biden. Senekal. Direkte Bybelvertaling.
-
Hoekom is ek gereformeerd? Want gereformeerde teologie is Skrifgefundeerd
20/10/2020 Duración: 54minIs jou teologie Skrifgefundeerd? Wat beteken dit om Skrifgefundeerd te wees? Ons is by die 3de episode van ons nuwe reeks: Hoekom is ek Gereformeerd? Want gereformeerde teologie is Skrifgefundeerd
-
Hoekom is gereformeerd? Want gereformeerde teologie is Godgesentreerd
13/10/2020 Duración: 40minWat is jou doel op aarde? Wat is die Here se plek in jou daaglikse lewe? Ons is gereformeerd omdat ons Godgesentreerd wil lewe! Ons hoogste doel is om God te eer en Hom te verheerlik - Soli deo Gloria! Ons gesels in hierdie episode ook oor hoe Godgesenteerdheid prakties lyk: In 'n mens se eie lewe en ook in 'n gemeente.
-
Hoekom is ek gereformeerd? Almal is 'n teoloog
06/10/2020 Duración: 44minIs teologie net bedoel vir predikante? Of dalk ouderlinge? In hierdie episode gesels ons oor die gedagte dat elke persoon eintlik 'n teoloog is - selfs al besef jy dit nie eers nie, of al ontken jy dit.
-
Perspektief: September 2020
29/09/2020 Duración: 50minOnlangse nuusgebeure: Clicks Cuties KwaSizabantu
-
Luisteraarsvraag: Waar is God as die boosheid skynbaar seëvier?
22/09/2020 Duración: 47minWaar is God wanneer daar soveel boosheid in die wêreld is? Is dit buite sy beheer?
-
Perspektief: Augustus 2020
24/08/2020 Duración: 39minWatter Bybelse riglyne bestaan daar omtrent vuurwapenbesit onder Christene ter wille van selfverdediging?
-
Verlossing deur genade alleen: Volharding van die Heliges
18/08/2020 Duración: 47min"En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie."
-
Verlossing deur genade alleen: Onweerstaanbare genade
11/08/2020 Duración: 59minNiemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag. Joh 6:44
-
Verlossing deur genade alleen: Beperkte versoening
04/08/2020 Duración: 44minDie versoening wat Christus bewerk het is slegs bestem vir die uitverkorenes.
-
Perspektief: Julie 2020
28/07/2020 Duración: 51minMeningstuk in die Beeld: 'n Dopper kan ook gay wees Christene in Sjina wat hul geloof moet opsê BLM-Beweging in Suid Afrika
-
Verlossing deur genade alleen: Onvoorwaardelike verkiesing
21/07/2020 Duración: 53minIn die episode behandel ons die tweede aspek van die TULIP-akroniem. U - Unconditional election of Onvoorwaardelike verkiesing.