Gereformeerde Kerk Graaff-reinet

Numeri 21:5| God is die bepaler van ons lewenspad, dit moet in geloofsgehoorsaamheid gevolg word.

Informações:

Sinopsis

Waarom, ‘n vraag wat so dikwels gestel word. Waarom lei die HERE ons op hierdie pad van ons lewe? Israel kom ook nou met die waarom vraag. Die eerste rede vir Israel se ontevredenheid was dat hulle vergeet het waarvan die HERE hulle verlos het. Die tweede rede van Israel se verlange na Egipte gaan oor versorging. Hulle sȇ: “Want hier is geen brood en geen water nie, en ons siel walg van die ellendige kos.” Daarom is die “waarom vraag” van Israel so groot stuk ondankbaarheid. Dit is geen wonder dat die HERE in felheid teen die ondankbaarheid van Israel reageer nie. Hy stuur giftige slange wat die volk pik en baie Israeliete sterf. Dan besef die volk hulle sonde en bely dat hulle teen die HERE gesondig het. Die slang moes dus wys op God se genade en liefde. So alleen kon die slang heenwys na die komende Christus. Wanneer Christus kom, verbind Hy die verlossende genade van die HERE aan dit wat destyds gebeur het in die woestyn. Hy sȇ in Johannes 3:14 “Moses het die slang in die woestyn hoog op ‘n paal gesit; so