Gereformeerde Kerk Graaff-reinet

Johannes 7 : 37-39| Jesus Christus is die ware Watervoorsiener wat ons red van die ewige woestyndors en maak ons deur sy Heilige Gees lewende fonteine in hierdie dor wêreld.

Informações:

Sinopsis

Christus rig op die huttefees in ons teksvers die uitnodiging: “As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink!” Die huttefees was die fees van die waters, die fees wat die volk herinner het aan die HERE wat water voorsien. Die groot dag van die fees was die sewende dag, die hoogtepunt van die fees. Dit is genoem die dag van die watergieting. Dit is nie die eerste keer dat Jesus Hom openbaar as die water van die lewe nie, alreeds in sy gesprek met die Samaritaanse vrou daar by die put van Jakob het Jesus Hom geopenbaar as die ewige water, as jy Hom drink, sal jy nooit dors kry nie. Wanneer ons elke dag leef en drink, naby God leef, gebeur daar iets. Die Heilige Gees woon in jou. Die Gees is uitgestort en soos die water uit die kan na alle kante oor die brandofferaltaar gestort het, so het God sy Gees uitgestort in die harte van gelowiges. Die Heilige Gees is God se lewende water! Kyk rondom ons rond, ons leef in ‘n wȇreld wat dors is, ons leef in ‘n wȇreld waarin korrupsie, bedrog, moord en doodslag heers