Sinopsis
Podcast by NB Publishers
Episodios
-
Human & Rousseau-boekgesprek: Nèlleke de Jager gesels met Jaco Fouché oor Simoelégri
02/09/2021 Duración: 41minIn hierdie episode gesels Nèlleke de Jager, uitgewer by Human & Rousseau, met Jaco Fouché oor sy jongste roman, Simoelégri ─ die wenner van die Groot Afrikaanse Romanwedstryd 2021. Die gesprek is oorspronklik op Netwerk24 uitgesaai. Oor hierdie boek: Lady Die het huisvesting gevind in die ruïne van ’n kerk, in ‘n stadsbuurt genaamd Simoelégri. Baie vlugtelinge het hier opgeëindig, ná eers die virus en toe nog rampe tot sosiale onrus gelei het. In ander dele van die land is daar nog ’n mate van orde, maar nie in Simoelégri nie. In Simoelégri is jou beste vriend die straat se dwelmhandelaar, en jou enigste bron van hitte 'n konkavuur. Oral loop die gerugte van groter onrus en geweld. Aangrypend. 'n Hoogpunt in Fouché se oeuvre. Bestel Simoelégri deur Jaco Fouché by goeie boek- en aanlynwinkels. Ook as e-boek beskikbaar. Musiek: "Canyon" deur A.A. Aalto (https://freemusicarchive.org/music/A_A_Aalto/20190209155827787/Canyon)
-
Kwela Book Chat: Touch with Kim Windvogel, Tiffany Kagure Mugo, Nakhane, Roché Kester & Efemia Chela
25/08/2021 Duración: 58minJoin Kim Windvogel and Tiffany Kagure Mugo with panelists Nakhane and Roché Kester for a discussion about Touch: Sex, sexuality and sensuality moderated by Efemia Chela. More about Touch: What comes to mind when you think about sex? Touch explores sex as a vast, yet intertwined experience with oneself and between people. It draws on the experiences of sex from people across genders, sexualities – even borders. It delves into the ways in which sex features in our lives. Sex can be fun, tricky, and heart-breaking, and this book covers all this and much more. Compiled by Tiffany Kagure Mugo and Kim Windvogel, the pieces are real, expressive, cathartic and dare we say it, sexy. Order from leading bookstores and online stores. Also available as an e-book. Music: “Rainy Nights” by KieLoKaz (https://freemusicarchive.org/music/KieLoKaz/Walker_Traffic/Rainy_Nights_KieLoKaz_ID_159)
-
Kwela Book Chat: You Have Struck a Rock by Gugulethu Mhlungu with Danielle Bowler
04/08/2021 Duración: 01h03minIn this episode of Kwela Book Chats the author of You Have Struck a Rock: Women fighting for their power in South Africa, Gugulethu Mhlungu, chats to feminist writer and editor Danielle Bowler. Drawing on the experiences of women ranging from political activists to domestic workers, sex workers and students, commentator and writer Gugulethu Mhlungu examines how history has shaped the conditions women face today. She also considers the impact of pass laws, land dispossession, racial discrimination and gender-based violence. She concludes that there is still plenty of work to be done in making real the South Africa imagined by the Constitution. You can order You Have Struck a Rock by Gugulethu Mhlungu from leading bookstores nationwide or online stores. Also available as an e-book on all the usual platforms. . . . Music: “Extraordinary Spirits” by Ketsa (https://freemusicarchive.org/music/Ketsa/metaphysics/extraordinary-spirits)
-
Weerlose meganika: Elna van der Merwe gesels met Anton Roodt
10/05/2021 Duración: 50minAnton Roodt, Bloemfonteinse argitek en die skrywer van Weerlose meganika, gesels met Huisgenoot-boekeredakteur Elna van der Merwe. Luister hier na hul gesprek op ons podsending. Oor die roman: Onlangs is ’n merkwaardige vonds gemaak: ’n koperplaatfoto wat by die Slag van Bloedrivier geneem is . . . dit wys drie engele teen die oggendmis! Die neerdaal van die engele word die hoogtepunt van die jaarlikse gedenkopvoering in Welkom. Maar vanjaar, tydens die kleedrepetisie, word die hoofengel vermoor . . . en die koperplaatfoto het verdwyn! Oor die skrywer: Anton Roodt het 'n MA in Kreatiewe Skryfkunde aan die Universiteit van die Vrystaat behaal. Hy praktiseer sedert 1982 as 'n professionele argitek en beplanner en het al verskeie toekennings vir sy firma se werk ontvang. Hy is ook 'n visuele kunstenaar en 'n lid van die Free State Art Collective. Hy en sy vrou, Zarine, woon in Bloemfontein. Musiek: "Signs" deur Divide by Nine - iMovie Royalty Free Music
-
Trompie & Saartjie: #70BooksToReadBeforeYouGrowUp
21/04/2021 Duración: 07minExclusive Books are celebrating 70 years and April’s Children’s Month with a must-read list for the young and young-at-heart with the #70BooksToReadBeforeYouGrowUp campaign. Listen to Lundi Khoisan on The Morning Shot interview publisher Michelle Cooper about the iconic Trompie and Saartjie series on Mix 93.8 FM. These heritage classics are included in the Exclusive Books campaign.
-
Voorlesing uit Skepsel deur Willem Anker
13/04/2021 Duración: 15minLuister hier na Frieda van den Heever se voorlesing uit Skepsel deur Willem Anker. Skepsel is onlangs met die 2021 UJ-prys vereer en kan by goeie boek- en aanlynwinkels bestel word. Meer oor die boek: Aan die Kaapse Weskus versorg Rebecca Maas haar sterwende pa in ’n tegnologies gevorderde slimhuis, ’n huis wat praat in ’n halfbekende stem. Op die horison, ’n olietenkskip. ’n Posthuman biohacker trou met die enorme skip, en maak kuns oor die wittebroodsreis. En in die yswildernis van Svalbard verdwyn ’n navorser se minnaar spoorloos. Hulle is daar om geheimsinnige spierwit items te ondersoek – dalk beendere, maar dan beendere wat vertak en ineensmelt soos geen bekende skepsel s’n nie. Musiek: “Paralytic Insomnia” deur David Hilowitz (https://freemusicarchive.org/music/David_Hilowitz/Paralytic_Insomnia/David_Hilowitz_-_Film_Cue_157_-_Paralytic_Insomnia_Horror_IV)
-
Marius Swart in gesprek met P.P. Fourie oor 'n Hart is so groot soos 'n vuis
29/03/2021 Duración: 55min’n Hart is so groot soos ’n vuis is Pieter Fourie se debuutroman. Dit is oorspronklik in Engels geskryf as The Heart Is the Size of a Fist en is meesterlik vertaal na Afrikaans deur Marius Swart, ’n dosent in vertaling en Afrikaanse taalkunde aan Stellenbosch Universiteit. Op 16 Maart het Marius en Pieter tydens ’n geselligheid by Stellenbosch Books oor die boek, die vertaling en ook die vreugde van kreatiwiteit gesels. Luister gerus saam op die podsending-platform van jou keuse. Musiek: John Lewis Grant - Bach Prelude & Fugue 1 (https://freemusicarchive.org/music/John_Lewis_Grant/24_Preludes__Fugues_J_S_Bach/Bach_Prelude___Fugue_1)
-
Onderhoud met Julian Jansen op Radio Helderberg
24/03/2021 Duración: 18minLuister na ’n onderhoud met joernalis en skrywer van Seuns sonder pa's, Julian Jansen, op Radio Helderberg. In Suid-Afrika ken meer as 60% van kinders nie hul pa nie. Hierdie gebrek aan ’n pa lei dikwels tot ’n gemis aan ’n gevoel van behoort. Julian Jansen, joernalis van Rapport en oud-onderwyser, ondersoek hierdie fenomeen en hoe die probleem aangespreek kan word. Hy bespreek dit vanuit ’n praktiese én geestelike perspektief en betrek onlangse navorsing en geestelike en ander gemeenskapslede. Julian verweef ook sy eie storie tussenin, en vra dan: Hoekom het hy en sy broers nie skollies geword nie? Bestel Seuns sonder pa's deur Julian Jansen by goeie boekwinkels regoor die land of aanlyn. Ook beskikbaar as e-boek.
-
Kwela Book Chat: The Fall by Jen Thorpe
01/02/2021 Duración: 40minIn this episode of Kwela Book Chats the author of the riveting novel, The Fall shares details about her writing process, advice for budding writers, and other behind-the-scenes gems. In conversation with Jen Thorpe is her publisher, Carolyn Meads, who worked closely with her on the The Fall. Stick around until the end to hear the awesome book trailer! More about the book: When Thuli reveals her secret – that she can see into the near future – to journalist Helen, the latter is skeptical. But as Thuli believes she’s seen that #FeesMustFall protest leader, Hector, will be assassinated, Helen looks into the matter. What she finds is odd behaviour by the police on campus. Police sent by President Noné, who wants no trouble from pesky students while she launches her zoo of magical creatures. If what Thuli say is true, they have only seven days to change the future … You can order The Fall by Jen Thorpe from leading bookstores nationwide or your favourite e-tailer. Also available as an e-book. Music: "Intranet"
-
Kwela Book Chat: Mermaid Fillet by Mia Arderne
26/01/2021 Duración: 54minMermaid Fillet by Mia Arderne was one of the hottest debut novels to hit the South African literary scene in 2020. Stevlyn Vermeulen, editor at Kwela Books, sat down with her to hear more about her journey towards being a published writer, the things that inspired the book and her writing process. More about Mermaid Fillet: In an alternative Cape Town the only person ever to be born wearing Nike Jordans, is tasked with finding a dead Tamagotchi. The device was last seen in the clutches of eight-year-old Kaylin Arendse, when she and her family were murdered in a gang-related hit. Now our Jordan-wearer must track down the device for the new head of a crime family – or face an untimely ending. Mermaid Fillet is an enthralling afro-surrealist novel about the fringes of Cape Town society and the people who govern that world. Dark and fantastical experiences are intricately woven into this network of wannabe gangsters and the trade of highly coveted mermaid tails for R 4 000/kg. A Cape Town you know,
-
Ons gesels met die skrywer en illustreerder van die Ouma Hester-reeks
09/12/2020 Duración: 11min’n Vakansie saam met ouma Hester is nooit vervelig nie! In hierdie episode vertel skrywer Janie Oosthuysen en illustreerder Alistair Ackermann ons bietjie meer van die opwindende nuwe Ouma Hester-reeks, waarvan die derde boek volgende jaar verskyn. Janie Oosthuysen lees ook ‘n stukkie voor wat oud en jonk sal geniet, so luister saam en beleef self dié lekker nuwe storie. Ouma Hester 1, 2 en binnekort 3, kan by jou gunsteling boek- of aanlynwinkel bestel word. Musiek: "Robot Boogie" deur Quincas Moreira en "Nutty Comedy" deur Biz Baz Studio (https://studio.youtube.com/channel/UCJFBFh4BJEhLmUgjOPSmiwg/music)
-
In gesprek met Antjie Krog
08/12/2020 Duración: 34minIn hierdie episode hoor ons by Karen de Wet, die samesteller van 'n Vry vrou: Gedigte van Antjie Krog, asook by Krog self wat hierdie bloemlesing vir hulle beteken. Verder voer Helené Prinsloo 'n gesprek met Antjie Krog waarin sy gesels oor 50 jaar van digter wees en verskeie gedigte voorlees soos nét sy kan. Krog is ’n internasionaal gerekende digter maar ook plaaslik geliefd. Vyftig jaar ná haar opspraakwekkende debuut, Dogter van Jefta, verskyn daar ’n splinternuwe versameling waarin meer as honderd gedigte uit haar elf bundels saampraat. Verse oor eerste liefde, oor moederskap, oor die landskap, en oor onreg; oplaas ook oor ouer word. 'n Vry vrou bevat gunstelinge uit Krog se oeuvre maar ook minder bekende dog ewe verrassende verse. Saamgestel deur Karen de Wet, kenner van Krog se oeuvre. 'n Vry vrou: Gedigte van Antjie Krog is beskikbaar by boekwinkels en aanlyn. Meer inligting op ons webtuiste: http://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780798180511 Musiek: "Realness" deur Kai Engel (https://freemusicar
-
Bruidzilla ─ 'n boodskap en voorlesing van Marion Erskine
04/12/2020 Duración: 07minBruidzilla deur Marion Erskine is die perfekte teenmiddel vir 2020 en laat lesers wyd en syd skaterlag. Luister hier na Marion se boodskap en kort voorlesing. Bruidzilla kan by boekwinkels of aanlyn bestel word. Dit is ook as e-boek beskikbaar. Meer oor die boek: Tillie se beste vriendin Milanka ís high-maintenance, maar so ken Tillie haar, en Milanks het al vir haar báie beteken. Haar eksie-perfeksie, #blessed vriendin. Maar sy’t nie verwag Milanka sal aandring sy wat Tillie is, moet sorg dat Milanka en Jacques se troue gereël kom nie … Soos Milanka ál meer op Bruidzilla begin trek, kom Tillie agter iets is nie pluis nie. Wat skuil agter Milanka se monster-mondering? Musiek: “Canon in D Major” deur Kevin MacLeod - https://freemusicarchive.org/music/Kevin_MacLeod/Classical_Sampler/Canon_in_D_Major
-
'n Storie uit Jakkals en Wolf: Die rondekop gedierte
01/12/2020 Duración: 06minLuister hier na Die rondekop gedierte, 'n storie uit Jakkals en Wolf, soos voorgelees deur Johann Nel. Meer oor die boek: Dit is nie net Wolf wat onder Jakkals se streke deurloop nie, maar die ganse diereryk - van koning Leeu tot die kleinste diertjie ry aan die pen. Niemand is bestand teen die uitgeslape Jakkals se poetse nie, en die een wat hom probeer terugkry, kom steeds die slegste daarvan af. Maar soms loop Jakkals tog sy rieme styf en dan moet hy net bontstaan met sy slim bek om uit die moeilikheid te kom, want dis gewoonlik diep moeilikheid! Deel die geliefde Jakkals en Wolf-stories deur Pieter W. Grobbelaar & Séan Verster met 'n nuwe generasie lesers. Eksklusief beskikbaar by CNA tot 1 Mei 2021. Die luisterboek van Jakkals en Wolf is ook hier beskikbaar op Audible: https://www.audible.com/pd/Jakkals-en-Wolf-Jackal-and-the-Wolf-Audiobook/B00BW6RFXG
-
Ster en die skugter vyf: Voorlesing & Agter-die-skerms
19/11/2020 Duración: 08minLuister na hierdie spesiale podsending waarin skrywer Henriëtte Linde-Loubser en illustreerder Elizabeth Pulles met ons gesels oor hul boek, Ster en die skugter vyf. Buiten die interessante agter-die-skerms-inligting is daar ook ‘n pragtige voorlesing deur die skrywer waarna luisteraars kan uitsien. Nou beskikbaar op die NB Publishers-podsending op die platform van jou keuse. Meer oor Ster en die skugter vyf: Vandat sy kan onthou, woon Ster by haar broer en sy vrou op 'n plaas. Een aand word sy wakker van 'n gevroetel in haar kamer en ontdek 'n erdvarkmannetjie, sy snoet op haar beddegoed. "Kom verken die wêreld saam met my," nooi hy. En so begin Ster se naglopery op soek na al die skaam diere: die erdvark, oewerkonyn, Kaapse luiperd, ietermagog en wit leeu. Bestel Ster en die skugter vyf deur Henriëtte Linde-Loubser (met illustrasies deur Elizabeth Pulles) by boekwinkels of aanlyn. Musiek: “Family Tree” deur Jahzzar - https://freemusicarchive.org/music/Jahzzar/Sele/family_tree_f
-
Anton Roodt gesels oor Weerlose Meganika en Albe Grobbelaar lees voor
16/11/2020 Duración: 06minIn hierdie episode vertel Anton Roodt ons meer oor sy debuutroman, Weerlose Meganika. Luisteraars kan ook uitsien na 'n voorlesing deur Albe Grobbelaar. Luister nou op die NB Publishers-podsending op die platform van jou keuse. Loer op ons webtuiste vir meer inligting oor hierdie merkwaardige roman: http://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780624091356 Weerlose Meganika kan by goeie boekwinkels of aanlyn bestel word. Dit is ook as e-boek beskikbaar. Musiek: "Signs" deur Divide by Nine - iMovie Royalty Free Music
-
GiGi: Nipple Caps & G-strings
11/11/2020 Duración: 13minIn this episode, publisher Melinda Ferguson, co-author Nan Roux and of course, GiGi, tell us more about the hottest story of the decade. GiGi: Nipple Caps & G-strings is the sensational bare-all memoir of a woman who strategically took on an industry dominated by men and not only survived, but thrived. Order your copy of GiGi from leading bookstores nationwide or online. Also available as an e-book. More about it on our website: http://www.nb.co.za/en/view-book/?id=9781990973185 Music: "Lose The Box" by Ménage Quad - https://freemusicarchive.org/music/Mnage_Quad/Swing_Soiree/08_Menage_Quad_Lose_The_Box_Swing_Soiree_FROSTWIRE_FROSTCLICK_CREATIVE_COMMONS
-
Sidney Gilroy gesels oor Middernag en lees voor
06/11/2020 Duración: 07minSidney Gilroy vertel ons meer oor sy tweede spanningsroman, Middernag, en lees ook vir ons 'n gedeelte voor. Luister saam op die NB Publishers-podsending op die platform van jou keuse. Bestel Middernag deur Sidney Gilroy by boekwinkels regoor die land of aanlyn. Meer oor die boek op ons webtuiste: http://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780798180542 Musiek: "Miracle Tour" deur Lobo Loco ─ https://freemusicarchive.org/music/Lobo_Loco/around/miracle-tour-id-1289mp3
-
Anzil Kulsen gesels met MedFM oor Reënboogmelodie
14/10/2020 Duración: 13minLuister hier na ‘n onderhoud met Anzil Kulsen op MedFM waar sy met Annerle Barnard oor haar nuutste boek Reënboogmelodie gesels. Diané sukkel van jongs af met 'n eetversteuring. Tot sy Robert ontmoet, 'n aantreklike man wat haar help en aanvaar net soos sy is en met wie se steun sy weer kans sien vir die lewe. Robert het haar nog altyd lief gehad en onderskraag, maar nou duik ernstige vrae op: Wie is die vrou wat sê Robert is die pa van haar kind? Het Robert 'n verlede waarvan Diané niks weet nie? Hoekom sal Robert haar nou in die steek laat? Diané wil haar outisties seuntjie ook ten alle koste help. Of is sy juis die oorsaak van haar kind se probleme? Wanneer Diané uitvind wat werklik aan die gang is, kom sy voor groot besluite te staan. Met Reënboogmelodie delf gewilde skrywer Anzil Kulsen diep in 'n komplekse moderne huweliksverhouding. Wat verg dit van jou om in jou huwelik te bly, en is dit noodwendig die beste vir almal? Reënboogmelodie is landwyd by boekwinkels en aanlyn beskikbaar.
-
Prisoner 913 discussion on Kaya FM 95.9
05/10/2020 Duración: 09minNew light has been cast on the release of Nelson Mandela after 27 years in jail. The information comes from a secret archive of documents accumulated for over a decade while Mandela was in jail by a senior National Party minister, Kobie Coetzee. Coetzee was the Justice and Prisons minister and had easy access to Mandela. He was intimately involved in discussions about Mandela’s release, and over the last 10 years of the ANC leader’s incarceration, Coetzee accumulated a wealth of information. Coetzee died before he could hand over the archive as he had promised to academic Jan-Ad Stemmet. More than 10 years after Coetzee’s death, the archive ended up at the University of the Free State where Stemmet finally got to see what it contained. He teamed up with veteran journalist Riaan de Villiers and, after accessing the vast number of documents in the Coetzee archive, they wrote an intriguing book about the release of the man referred to as Prisoner 913 – Nelson Mandela’s official prison number, different to his Ro