Sinopsis
Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet: Geloof, Gawes, Gedrag. Preke en ander klankopnames.
Episodios
-
-
-
1 Konings 19:01-18 | Na Karmel: Elia se moedeloosheid. Daar binne is die HERE sy Berader.
30/12/2024 Duración: 48min -
1 Konings 18:40-46
23/12/2024 Duración: 43minhttps://www.youtube.com/live/Dr_W8_9D5-8?si=zqIIsWuSQetj18xl
-
1 Konings 18:1-19 | Ons lewe in 'n land en wêreld vol Goddeloosheid en afvaligheid.
09/12/2024 Duración: 47minhttps://youtube.com/live/GrZ75XeDkBc
-
Numeri 21:5| God is die bepaler van ons lewenspad, dit moet in geloofsgehoorsaamheid gevolg word.
26/08/2024 Duración: 21minWaarom, ‘n vraag wat so dikwels gestel word. Waarom lei die HERE ons op hierdie pad van ons lewe? Israel kom ook nou met die waarom vraag. Die eerste rede vir Israel se ontevredenheid was dat hulle vergeet het waarvan die HERE hulle verlos het. Die tweede rede van Israel se verlange na Egipte gaan oor versorging. Hulle sȇ: “Want hier is geen brood en geen water nie, en ons siel walg van die ellendige kos.” Daarom is die “waarom vraag” van Israel so groot stuk ondankbaarheid. Dit is geen wonder dat die HERE in felheid teen die ondankbaarheid van Israel reageer nie. Hy stuur giftige slange wat die volk pik en baie Israeliete sterf. Dan besef die volk hulle sonde en bely dat hulle teen die HERE gesondig het. Die slang moes dus wys op God se genade en liefde. So alleen kon die slang heenwys na die komende Christus. Wanneer Christus kom, verbind Hy die verlossende genade van die HERE aan dit wat destyds gebeur het in die woestyn. Hy sȇ in Johannes 3:14 “Moses het die slang in die woestyn hoog op ‘n paal gesit; so
-
Psalm 68:6| ...jou eerste en laaste woorde... ooit!
26/08/2024 Duración: 33minEk en jy sal heelwaarskynlik nie so goed kan onthou wat ons heel eerste woorde as kinders was nie. Daarom: ek en jy, weet dalk nie wat ons eerste woorde in hierdie wereld was nie... maar maak seker dat jy weet wat jou laaste woorden raai dat woorde soos 'pa-pa' en 'ma-ma' moontlik van die heel eerste maklike en eenvoudige klanke sou wees wat ons gemaak het... dis immers die eerste persone wat oor ons gebuig het en met wie ons in kontak gekom het. Maar daar was toe ook alreeds n ander Persoon teenwoordig wat oor ons 'gebuig' het en Homself oor ons ontferm het - ons Hemelse Vader! Iemand wat permanent na my gaan omsien... Vraag is: Hoe ervaar ek Hom as Vader in my lewe? Dat hy oor my buig? En na my omsien? Dat Hy die eerste naam op my lippe moet wees as ek alleen is of in nood verkeer... Herken en erken ek Hom as dié Vader van my lewe? Onthou: Hy het as Vader opgetree en ons (weeskinders) Syne gemaak toe Hy sy Seun Jesus na hierdie wereld gestuur het... Hy Jesus, Vader-verlate aan die kruis gesterf sodat ons as
-
2 Timoteus 4:6-8| Die HERE los die geloofsworstelaar in sy hinderniswedloop af en gee aan hom die ewige lewe.
26/08/2024 Duración: 23minDie dood is ‘n realiteit, maar ons is huiwerig om daaroor te praat. Die vraag is : Hoe staan ons teenoor die dood? Is dit ‘n verskrikking? Kom ons kyk hoe God deur die Heilige Gees vir die apostel Paulus lei om oor die dood te praat. Hierdie sterwensbelydenis handel oor die verlede, hede toekoms. Verlede : Sy lewe wat verby is. Hede : Die dood wat naby is. Toekoms : Sy lewe in die hiernamaals. VERLEDE : SY LEWE WAT VERBY IS. In vers 7 vat Paulus sy lewe saam in drie kort sinne : Ek het die goeie wedloop afgelê (1983) - Ek het die goeie stryd gestry (2020) Ek het die wenstreep bereik (1983) - Ek het die wedloop voltooi (2020) Ek het gelowig end-uit volgehou (1983) – Ek het die geloof behou (2020) DIE HEDE : DIE DOOD WAT NABY IS: Hoe moet ‘n gelowige sy dood sien? Paulus gebruik in vers 6 twee pragtige beelde om sy eie dood te beskryf: “Want ek word reeds as drankoffer uitgegiet” en “Die tyd van my dood is naby” TOEKOMS Paulus skryf in vers 8 met blydskap oor die lewe anderkant die graf. Daar staan: “Nou wag d
-
Lukas 1:8-10,22 & Lukas 24:50-53| In Christus, die ware Liturg, het ons die voltooide erediens waardeur ons verseker word van die verhoring van ons gebede en Sy liefdevolle nabyheid.
26/08/2024 Duración: 28minBesef ons werklik die wonderlike voorreg om aan die begin van die erediens die seën van die HERE te ontvang en teen die einde van die erediens na ons huise te gaan nadat ons sy seën ontvang het? In Lukas 1 word aan ons die gebeure met Sagaria meegedeel. ʼn Priester wat deur die lot aangewys is, gaan om te offer en hy moet seën. Dit is ʼn besondere geleentheid vir die priester. Hier in die bedehuis is ʼn erediens aan die gang. Maar dan gebeur daar iets in die tempel wat niemand verwag het nie. Om dit goed te verstaan moet ons die saak in konteks sien: Maleagi, die laasste boek van die Ou Testament, is 400 jaar voor die geboorte van Christus geskryf. Daar is vir 400 jaar stilte uit die hemel. En dan word die stilte verbreek! Let op drie sake van wesentlike belang vir die korrekte verstaan: Waar begin God praat? Wanneer begin God praat? Met wie begin God praat? In die prediking gaan ons fokus op die betekenis van die koms van Christus vir ons erediens en die groot troos wat ons het om met elke erediens met die
-
Johannes 7 : 37-39| Jesus Christus is die ware Watervoorsiener wat ons red van die ewige woestyndors en maak ons deur sy Heilige Gees lewende fonteine in hierdie dor wêreld.
26/08/2024 Duración: 19minChristus rig op die huttefees in ons teksvers die uitnodiging: “As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink!” Die huttefees was die fees van die waters, die fees wat die volk herinner het aan die HERE wat water voorsien. Die groot dag van die fees was die sewende dag, die hoogtepunt van die fees. Dit is genoem die dag van die watergieting. Dit is nie die eerste keer dat Jesus Hom openbaar as die water van die lewe nie, alreeds in sy gesprek met die Samaritaanse vrou daar by die put van Jakob het Jesus Hom geopenbaar as die ewige water, as jy Hom drink, sal jy nooit dors kry nie. Wanneer ons elke dag leef en drink, naby God leef, gebeur daar iets. Die Heilige Gees woon in jou. Die Gees is uitgestort en soos die water uit die kan na alle kante oor die brandofferaltaar gestort het, so het God sy Gees uitgestort in die harte van gelowiges. Die Heilige Gees is God se lewende water! Kyk rondom ons rond, ons leef in ‘n wȇreld wat dors is, ons leef in ‘n wȇreld waarin korrupsie, bedrog, moord en doodslag heers
-
Jos. 4:5-7| Wat beteken hierdie klippe?
08/07/2024 Duración: 31min(1) Die Here gee gedenktekens sodat ons Sy werke sal onthou en (2) sodat ons aan die opkomende geslagte kan getuig! https://youtube.com/live/yFMXehK23CQ
-
Matt. 14:33 & 15:25| ...as jy voor die Here kniel...!
02/07/2024 Duración: 28minhttps://youtu.be/4DSVGmzwmjI
-
Jak. 4:1-3| Jakobus Reeks: Konflik in die kerk
24/06/2024 Duración: 30min(1) Hedonisme is eie aan aardse wysheid en dit bring konflik in die kerk en (2) dit tas die gebedslewe radikaal negatief aan https://youtu.be/Yo4cwEKU9Ak
-
Ps. 40| Psalms, Boek 1-Reeks: Wat die Here wil, wil ek
18/06/2024 Duración: 33min(1) Die Here Jesus Christus het Hom gewillig vir ons oorgegee (2) en Hy is die rede waarom ons gewillig-dankbaar die Here se hulp kan verwag https://youtube.com/live/XtRmg_BNzwM
-
Jak. 3:15-18| Jakobus Reeks: Aardse en hemelse wysheid
14/06/2024 Duración: 34min(1) Die oorsprong en effek van die aardse wysheid en (2) die oorsprong en effek van die hemelse wysheid. https://youtu.be/gwIrtI-lCd0
-
Ps. 39| Psalms, Boek 1-Reeks: 'n Vreemdeling en bywoner by die Here
14/06/2024 Duración: 23min(1) Vreemdelinge onder die mense, (2) Bywoners op aarde, (3) Vreemdelinge en bywoners by die Here https://youtu.be/Mws0gifPOvM
-
Jak. 3:13,14| Jakobus Reeks: Het ons die wysheid wat van bo kom?
30/05/2024 Duración: 32min(1) Wysheid moet getoets word aan die hand van (2) gedragspatrone en (3) gesindheid. https://youtu.be/EUp4RAnyrVk
-
Geselekteerde tekste| "Wat van die arme man daar ver in die Amasone wat nog nooit van Jesus gehoor het nie?”
20/05/2024 Duración: 33min(1)Wat is die standaard waarvolgens God mense oordeel en (2)kan enigiemand van Sy oordeel verontskuldig word? (3)Wat dan van die arme man daar ver in die Amasone wat nog nooit van Jesus gehoor het nie? https://youtube.com/live/eacOqByn2c4
-
Jak. 3:1-12| Jakobus Reeks: Tem die tong
20/05/2024 Duración: 36min(1) Struikelende tonge (2) verwoestende tonge (3) getemde tonge. https://youtube.com/live/timUCGlyfh4
-
1 Kor. 1:4-9| Vyf genadewerke van God in gelowiges
20/05/2024 Duración: 33min(1) Ons dank die Here vir sy prestasies in ons: (2) Sy verryking,(3) die vrug van bekering, (3) die verwagting van die wederkoms, (4) ons blaamloosheid in, en (5) verbondeid met Christus https://youtube.com/live/-E-8EvhMsNY