Sinopsis
Ons gesels met interessante mense in ons ateljee.
Episodios
-
Carletonville-sinkgatramp 61 jaar later onthou
01/08/2025 Duración: 27minCarletonville-sinkgatramp 61 jaar later onthou. Maroela Media
-
Zoé spreek tot jong vroue met treffersnit
01/08/2025 Duración: 06minUittreksel: “Ek het glad nie die reaksie verwag nie, maar dit is duidelik dat vroue, oud en jonk, by die lirieke aanklank vind. Ek dink dit is ʼn liedjie wat vroue raakgesien laat voel.” Maroela Media
-
Liefde, genesing ná fratsongeluk inspireer Heidi se musiek
31/07/2025 Duración: 07min“Ek lewe elke dag voluit, bid vir wysheid, insig en krag om ʼn mooier mens van binne en buite te wees, om gesonder te leef en om daar te wees vir my kinders.” Maroela Media
-
Musiekgroep raak kreatief met KI
30/07/2025 Duración: 09min“Dit sou maande en miljoene rande gekos het, nou het ons dit self binne twee dae geskep.” Maroela Media
-
Slim kosplanne vir kleuterskole op ʼn begroting
30/07/2025 Duración: 12minMinder suiker, meer kleur en minder vermorsing begin alles met ʼn lysie en ʼn plan. Helpende Hand se span bemagtig kleuterskole met praktiese raad en hulp. Maroela Media
-
Landbouprogram wys fut van ywerige plattelanders
28/07/2025 Duración: 14minChris Burgess en sy span vertel stories van mense wat oplossings vir probleme in hul buurte en gemeenskappe aanpak. Maroela Media
-
Roerende Afrika-fliek is Embeth Davidtz se ode aan Afrika
27/07/2025 Duración: 09min“Ek het self op ʼn plaas grootgeword. Zimbabwe gaan altyd anders as Suid-Afrika wees. Maar ek het geweet ek sou die storie kan vertel. My tyd in Suid-Afrika het die fliek ten volle beïnvloed.” Maroela Media
-
Oranjerooi sonsak inspireer musiekgroep se egte klank
24/07/2025 Duración: 14min“Ek kan onthou ná ʼn dag wat ons musiek in Potchefstroom opgeneem het, het die son net so begin sak. As daar nou een ding is van Potch, dan is dit sy mooi sonsondergange.” Maroela Media
-
Wanvoeding kan ʼn kind se brein, hart én toekoms steel
23/07/2025 Duración: 10minMaroela Media het met dr. Marita Serfontein, ʼn geregistreerde dieetkundige, en Danelle du Plessis, koördineerder van Helpend Hand se Kosblikkie-projek, gesels oor die tekens van wanvoeding. Dr. Marita het verduidelik ʼn tekort aan yster, vitamien A en B12 is sigbaar op die tong, vel en oë van ʼn kind, maar die ware skade lê dieper. Sy en Danelle het ook vertel wat gedoen kan word om kinders te help. Kom luister na die volledige onderhoud boaan die berig. Maroela Media
-
Jong groep Nikotien vind voete op Afrikaanse rockmusiektoneel
17/07/2025 Duración: 10minDie groep, wat tussen hulle “meer grade as lede” het, het ontmoet as studente aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom. Maroela Media
-
Helpende Hand voed hoop, drome met Kosblikkie-projek
16/07/2025 Duración: 07minHonger kinders sukkel om te leer, maar Solidariteit Helpende Hand wil dit verander, een kosblikkie op ʼn slag. Kom luister hoe ʼn eenvoudige kosblikkie ʼn kind se lewe kan verander. Maroela Media
-
Pitt-sjarme in supersoniese renjaerfliek sal spoedvrate sus
11/07/2025 Duración: 02minEen van die beste renjaerrolprente ooit. Maroela Media
-
Nuwe horisonne wink vir Vrystaatse sanger Rudo
08/07/2025 Duración: 07min“Die liedjie vat ʼn baie groot deel van my lewe saam. My vrou kom van Pretoria af, en nadat ek ʼn paar keer vir haar gaan kuier het, het ek vir haar gesê dat ek nie in die stad aard nie; sy moet haar tasse vir Clarens pak.” Maroela Media
-
Uitdagende Vryfees-toneelstuk werp lig op mensehandel
03/07/2025 Duración: 14min“Met goed soos Joshlin Smith se saak het die kwessie rondom mensehandel vir baie mense ʼn realiteit begin word, en ons het besluit ons gaan in die diep kant induik en die tema uiteindelik takel.” Maroela Media
-
Snit kry ‘nuwe wiele’ vir Afrikaans 100
03/07/2025 Duración: 08min“Ek wou nooit in Afrikaans skryf nie, want ek was bang om die taal aan te vat. Al is dit my moedertaal, moes ek leer hoe om daarin te skryf en ek moes oefen, want om te kan sing en skryf is vaardighede wat jy kan verbeter.” Maroela Media
-
Vry om ander te bevry: Verslawingsberader ken pad van pyn
27/06/2025 Duración: 08min“Jou getuienis bewys aan ander dat jy dieselfde dinge oorkom het wat hulle gevange hou, en juis dít maak dit vir hulle makliker om dit ook te oorkom.” Maroela Media
-
‘Tyd vir dieper dinge,’ sê gewilde kletsrymer oor musiek
26/06/2025 Duración: 11min“Ek wil musiek maak wat mense veilig genoeg laat voel om ná ʼn optrede na my toe te kom en te sê dat hulle deur iets gaan. Dan sal ek sê: ‘Oukei, kom ons chat’.” Maroela Media
-
Vaderskap breek nuwe wêreld vir Refentse oop
20/06/2025 Duración: 09minDie dag wat Refentse pa geword het, het sy hele lewe verander. Maroela Media
-
Gesinne van verslaafdes verdien ook berading
20/06/2025 Duración: 10min“Navorsing toon dat verslawing van generasie tot generasie oorgedra word en dat dit aangeleerde gedrag is. Dis nie net die verslaafde wat in so ʼn siklus vasgevang is wat swaarkry nie, maar ook dié se geliefdes.” Maroela Media
-
Luister | Kabouterbos Kleuterskool is die plek waar kleintjies in Afrikaans kan gedy
18/06/2025 Duración: 03minOp 1 Julie open ʼn unieke Afrikaanse kleuterskool sy deure in Pretoria. Hier lê visie, waardes en hoop agter ʼn ruimte wat kinders se groei wil bevorder. Kom hoor hoekom die span van Die MOS Inisiatief dié droomprojek begin het – en hoe dit Afrikaans vier. Maroela Media