Sinopsis
RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid-Afrika. Dit fokus op die belangrikste sakenuus, menings en beleggingsinsigte. Andries van Zyl bied die program aan. RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:30 en 19:00 op RSG (101 104fm) uitgesaai.
Episodios
-
Kenners antwoord luisteraarsvrae
06/06/2025 Duración: 21minJB Smith, besturende direkteur van Sequoia Capital en Elke Brink, direkteur by PSG Wealth R21, beantwoord die vrae wat luisteraars se sakke raak. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Trump en Musk baklei. Wat beteken dit vir SA?
06/06/2025 Duración: 07minJan Vermeulen, redakteur van MyBroadband, praat oor die politieke en tegnologiese gevolge van die Trump-Musk-breuk, en waarom dit selfs vir Suid-Afrika relevant is. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Vier uit elke tien kry nou ‘n staatstoelaag
06/06/2025 Duración: 08minDr Christie Viljoen, senior ekonoom by PwC, gesels oor toelaes, waar ons tans staan en wat die toekoms moontlik inhou. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Die rand hou aan om veld te wen teen die dollar
06/06/2025 Duración: 07minJB Smith, besturende direkteur van Sequoia Capital, bespreek die markte sowel as die finansiële resultate van Mr Price en die Foschini-groep. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
RSG Geldsake met Moneyweb – Vrydag 6 Junie 2025
06/06/2025 Duración: 50minTinus de Jager – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Beleggings is soos die Cape Epic: Dis lank, hard en jy moet op jou tande byt maar beslis die moeite werd
05/06/2025 Duración: 09minPiet Viljoen, uitvoerende direkteur en portefeuljebestuurder by Merchant West Investments, gesels oor sy agtergrond, loopbaan, industrie, en wat hy doen om te ontspan. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Daar is beter opsies as om in kontant te belê
05/06/2025 Duración: 07minHW de Jager, welvaartbestuurder by PSG Wealth, gesels oor goeie beleggingsopsies. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Tien mense reeds in die hof oor beweerde bedrog by ’n beleggingskema in Paternoster
05/06/2025 Duración: 07minNetwerk24 het die afgelope paar dae berig oor beweerde bedrog by Paternoster Groepsbelange Beperk (PGB). Theo Vorster, medestigter van Galileo Capital, deel sy insigte oor die maatskappy en die bewerings teen hulle. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Hoe raak ’n laer inflasieteiken jou sak?
05/06/2025 Duración: 05minDawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient Group, verduidelik wat die voorgestelde verlaging van inflasieteikens kan behels. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
NGV kan SA R940 miljard per jaar kos. (Ja dis reg)
05/06/2025 Duración: 08minThoneshan Naidoo, uitvoerende hoof van die Gesondheidsbefondsersvereniging (HFA), bespreek hulle hofsaak teen die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering (NGV). Volg RSG Geldsake op Twitter
-
JSE: 100 000, hier kom ons
05/06/2025 Duración: 06minMia Kriegler, direkteur van batebestuur by Kruger Internasionaal, bespreek die markte. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
RSG Geldsake met Moneyweb – Donderdag 5 Junie 2025
05/06/2025 Duración: 49minRyk van Niekerk – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Die Reserwebank appelleer teen hofuitspraak wat sê kripto is nie geld nie
04/06/2025 Duración: 07minHannes Wessels, hoof van Binance Suid-Afrika, bespreek die Reserwebank se appèl teen die hofuitspraak wat sê kripto is nie geld nie. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Tshwane-inwoners bevuil hulself oor die nuwe skoonmaakheffing
04/06/2025 Duración: 08minAdv Stefanie Fick, uitvoerende hoof van verantwoordbaarheid by Outa, gesels oor die nuwe skoonmaakheffing. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Anthonie Bougas finaal gesekwestreer
04/06/2025 Duración: 07minLiesl Peyper, senior joernalis by Moneyweb, verduidelik wat Anthonie Bougas se sekwestrasie beteken. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Dit is gevaarlik om jou eiers in dié sewe mandjies te sit
04/06/2025 Duración: 10minNinety One het vandag sy finansiële resultate vir die boekjaar tot einde Maart bekend gemaak. Die wesensverdienste per aandeel is ongeveer 7% hoër, en die totale bates onder bestuur het met 4% gestyg. Die uitvoerende hoof, Hendrik du Toit, bespreek die resultate. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
JSE beur wéér tot ’n nuwe hoogtepunt
04/06/2025 Duración: 08minJohan Gouws, hoof van welvaartadviesdienste by PPS, deel sy insigte oor die JSE se nuwe hoogtepunt en Spar se finansiële resultate. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
RSG Geldsake met Moneyweb – Woensdag 4 Junie 2025
04/06/2025 Duración: 47minRyk van Niekerk – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Reuse Karan Beef-voerkraal deur bek-en-klouseer getref
03/06/2025 Duración: 07min'Daar is 'n rimpeleffek in alle rigtings': Dr Dirk Verwoed – senior veearts, Karan Beef. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Gwede Mantashe vang die mynbedryf heeltemal onkant
03/06/2025 Duración: 10min'Die departement het die bedryf verblind; dit is nie die regte manier om te begin nie': Peter Leon – mynboukenner, Herbert Smith Freehills Kramer. Volg RSG Geldsake op Twitter