Maroela-onderhoude

  • Autor: Vários
  • Narrador: Vários
  • Editor: Podcast
  • Duración: 36:53:31
  • Mas informaciones

Informações:

Sinopsis

Ons gesels met interessante mense in ons ateljee.

Episodios

  • Vervolgingsondag plaas kollig op Christene se nood in Afrika

    03/06/2025 Duración: 10min

    Die kerk in Afrika is die grootste en jongste ter wêreld, tog ervaar dit tans ʼn ongekende aanslag. Geopende Deure Suider-Afrika wil met die herdenking van Vervolgingsondag die soeklig op dié Christene se nood plaas. Kom luister ook na die volledige onderhoud met Elizabeth Botha, mediabeampte by Geopende Deure Suider-Afrika. Maroela Media

  • Franja wys haar ander, dieper kant

    03/06/2025 Duración: 08min

    “Ek is beslis nog jonk van gees en jonk in my hart, maar ek voel nou anders oor sekere goed en sien uit daarna dat mense hierdie deel van my sien.” Maroela Media

  • Akteursvriende skuif saam agter mikrofoon in vir treffende duet

    23/05/2025 Duración: 20min

    “Moenie dink nie, doen net” is die leuse waarmee akteurs Armand Aucamp en Christia Visser se karakters in die 2015-lokettreffer Ballade vir ʼn enkeling die lewe aangepak het. Met dieselfde ingesteldheid het dié dinamiese duo, en hegte vriende, hul talente saamgesnoer vir ʼn nuwe – en in Armand se geval, debuut – enkelsnit. Maroela Media

  • Leah spog met lied uit haar eie pen

    19/05/2025 Duración: 10min

    Met lirieke soos “die lekkerste lekker ding om te doen is te soen” skerts sy dat die liedjie ook terugverwys na een van haar bekendste treffers. Maroela Media

  • Kitaarspeler betree kollig ná dekade agter skerms

    18/05/2025 Duración: 17min

    “Ek dink Theuns het dalk destyds iets in my raakgesien wat ek nog nie in myself kon sien nie.” Maroela Media

  • Jong musiekduo woeker met Afrikaanse musiek

    14/05/2025 Duración: 11min

    Kosie het reeds as jong seun begin naam maak in die musiekbedryf met sy musikale vernuf en kan 14 instrumente bespeel, insluitend die konsertina en trekklavier. Maroela Media

  • Kom ervaar spesiale Hemelvaart met ‘Kroon van wonders’

    14/05/2025 Duración: 16min

    Franco Prinsloo, bekroonde komponis en dirigent van die Vox Chamber Choir, het saam met Lynni du Toit en Soané Ackerman, twee lede van die koor, in Maroela Media se ateljee oor "Kroon van wonders" gesels. Maroela Media

  • Heimwee oor jongmensjare kry gestalte in Ruan Josh-snit

    29/04/2025 Duración: 15min

    “Met dit waardeur ek nou is, raak mens ook bewus van die lewe en die beperkte tyd wat jy saam met jou geliefdes het. In die uitdagings wat die lewe gooi, moet jy die mooi en die seëninge raaksien.” Maroela Media

  • Kuier, koop en ondersteun plaaslik by die Maroela-mark

    28/04/2025 Duración: 07min

    Soek jy ʼn T-hemp met Afrikaanse humor, essensiële olies of iets spesiaals vir jou vriendin? Jy sal dit by die Maroela-mark kry – dalk sommer alles op een slag. Maroela Media

  • Hondepark bring groot pootpret na jou voorstoep

    26/04/2025 Duración: 17min

    ʼn Unieke hondepark open binnekort sy hekke wat beloof om jou hond se stert behoorlik te laat swaai van opgewondenheid en jou eie hart te laat warm klop. Paws & Boots-hondepark se amptelike bekendstelling vind in Mei in Clubview, Centurion, plaas, en jy en jou viervoetige vriende is welkom om hier na hartelus te kom speel en uit te span. Maroela Media

  • Dinamiese Karla Bosch vir eers terug agter mikrofoon

    25/04/2025 Duración: 16min

    “Almal het al gevoel dat iemand hulle wêreld is. Of dit ʼn ouer is wat jy verloor het, of jou lewensmaat vir wie jy baie lief is, almal het dit al ervaar.” Maroela Media

  • Gesoute musikante ploeg terug in jong talent

    23/04/2025 Duración: 28min

    “Ons groot doelwit is om opkomende Afrikaanse kunstenaars en mense wat in die bedryf doenig wil raak te bemagtig met soveel kennis as moontlik.” Maroela Media

  • Janie Bay skryf ode aan Jan Bloukaas

    11/04/2025 Duración: 14min

    “Musiek is die mooiste geskenk wat vir ons gegee is. Ek weet nie hoe mense sal ‘cope’ sonder musiek nie. Dit is waarnatoe jy gaan – jou toevlug wanneer jy nie weet wat om te doen nie.” Maroela Media

  • Lesse geleer by Capitec

    03/04/2025 Duración: 02min

    In sy boek 'Capitec, Stryd met die grotes', sit TJ Strydom uiteen hoe Capitec dit kon rekry om een van die grootste banke in Suid-Afrika te word. Maroela Media

  • Afrikaanse komedie ‘moontlik beste van die jaar’

    20/03/2025 Duración: 01min

    “Som van twee” bewys dat Afrikaans vol manewales kan wees sonder om in die “longdrop” te beland. Maroela Media

  • Pieter Smith tokkel snare vir kinderoortjies

    17/03/2025 Duración: 10min

    Ons ken hom vir treffers soos “Stukkie van der Merwe” en “Willemina van Gezina”, maar nou maak die sanger en liedjieskrywer Pieter Smith musiek vir heelwat jonger ore. Maroela Media

  • Akteur, dosent kweek liefde vir radiodrama by studente

    14/03/2025 Duración: 14min

    “Die leerskool wat praktiese opleiding bied, is soveel meer as wat ʼn handboek ooit vir jou kan gee.” Maroela Media

  • Jong musikant Zoé vind identiteit in persoonlike groei

    07/03/2025 Duración: 11min

    “Ek wil nie aan ʼn genre gebonde wees nie en probeer om in die ‘tussenin’ te bestaan.” Maroela Media

  • Passievolle toergids staan Namakwalandse plantstropery teen

    04/03/2025 Duración: 20min

    Vir Mike, wat in die omgewing grootgeword het, lê dit swaar op die hart om te sien hoe die omgewing se plantegroei uitgedun word. Maroela Media

  • Veelsydige Mionette ‘wag geduldig’ op groot deurbraak

    17/02/2025 Duración: 09min

    “Die Bybel leer ons dat God 40 dae as ʼn belangrike geestelike tydperk beskou en dat daar dikwels ʼn deurbraak kom op die 41ste dag.” Maroela Media

página 1 de 8